|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
|
Anneke Hanekom, die musiekbedryf se bes bewaarde geheim
|
|
| | |
|
Anneke Hanekom is, tot nou toe, seker dié bes bewaarde geheim in die musiekbedryf. 'n Vrou wat weet hoe om haar stem maksimaal te gebruik. Haar vingers en die kitaarsnare word een in harmonie as sy op eg akoestiese wyse, self haar begeleiding doen. Die oomblik as haar eerste klanke van die verhoog af kom, is skares stil, kan hulle nie genoeg van haar kry nie. Selfs top-resensente word woordeloos gelaat en Anneke word die fokuspunt van elke toehoorder. Anneke en Carli Spies tree dikwels ook saam op. Dan vervolmaak Carli se gevoelvolle en spontane klavierbegeleiding Anneke se nagtegaalstem en raakvat kitaarwerk. Anneke se CD "Later" spreek tot menseharte, herontdek nostalgie, raak jazz snare, herdefinieër talent.
Die blinkste sterre is gewoonlik die wat spontaan hulle talent ondek het. Hulle wat nie die kreatiwiteit ontken en verjaag het toe dit kom klop het nie. Sonder druk deur ander, gelei deur 'n skeppingsdrang het Anneke spontaan haar talent ontwikkel. Haar natuurlike aanvoeling vir musiek en liriek het formele opleiding heeltemal oorbodig gemaak. Deur fyn om te gaan met die musiek van onder andere Tracy Chapman en Tanita Tikiram, het sy die kitaar perfek bemeester.
Anneke het ontpop in seker die mees spontane musikant in 'n lang tyd.
Anneke het drama-draaiboeke en musiek vir verskeie produksies by die Potchefstroomse Universiteit geskryf wat suksesvol opgevoer en uitgevoer is.
Haar openbare loopbaan as musikant het begin by die 'Bourbon’s Street Jazz and Blues Bar' in Potchefstroom. Vandaar af het sy die suksesvolle kabaret "Later" geskryf. Twee vertonings is heeltemal uitverkoop. Die sukses van die produksie het haar gemotiveer om dié meesterstuk se musiek op 'n CD, ook genaamd "Later" uit te gee.
|
|
Sedertdien was Anneke op verskeie verhoë. Elke keer verstom sy met haar spontane interpretasie van sielstukke wat vrae oopkrap wat ons almal in elk geval maar vra. Veral haar eie werke laat luisteraars sprakeloos.
.
|