Chrisman Baard en sy vriende het Woensdagaand die 25e Oktober die Steak&Ale op horings geneem. Chrisman het met sy kenmerkende styl en subtiele sosiale kommentaar 'n paar sake aangespreek waaroor ons almal dink, maar dikwels nie praat nie. Die politiek, die liefde, die sosiale stelsel en menseverhoudings. Deur hierdie dinge op musikale wyse aan te spreek, bly hy en sy musiek die meeste luisteraars by. Murray het sy saksofoon en kitaar nader getrek en deur puik vokale werk daarmee saam, getoon hoeveel talent in een mens saamgegooi kan wees. Bea het met uitmuntende klawerwerk en stemwerk, nuwe komposisies bekend gestel. Wat 'n mens laat wonder waarom haar talent so lank verskuil gelê het.... Dan het stof ook nog 'n paar kiste oopgeskroef en dinge uit die verskuilde kluise van ons menswees publiek gemaak.... Hou Chrisman se webwerf dop vir toekomstige optredes. Jy kan ook navraag doen oor Murray en Bea se besondere musiek deur vir Chrisman 'n epos te stuur