stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Yachid die offergawe
'n Heilsreis deur die Bybelse geskiedenis
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Aangebied deur Jacques Gombauld, Magda Beukes en Peter Simmonds

In hierdie aanbieding word die blye Boodskap van Jesus Chistus se verlossing gebring deur 'n unieke interpretasie van die geskiedenis van Abraham en Sarah. Jacques Gombauld as Abraham, beeld Abraham as mens, maar ook as gestuurde van God uit. Deur ook Abraham se menslike nukke op treffende wyse uit te beeld, word dit duidelik dat gestuurdes nie gekies word uit superwesens nie, maar uit gewone mense wat begenadig word om God se boodskap te dra en Sy werk hier op aarde te doen. Magda Beukes beeld Sarah uit. Sy toon dat Sarah ook 'n gewone mens was, maar uitverkies is om 'n geroepene te dra, te ondersteun en daar waar hy die Woord van God, eg menslik, soms mishoor of nie wil raakhoor hoor nie, hom te help herinterpreteer. Sarah as vrou word ook uitgebeeld as iemand wat kwistig van vroulike lis gebruik maak om te manipuleer. Tog is dit deur haar manipulasie van Abraham dat baie van God se boodskappe uiteindelik reg geinterpreteer word. Beide karakters word eg menslik uitgebeeld. Dit bring die gemiddelde teaterganger tot 'n insig dat die uitverkorenes van God nie werklik verwyderd is van menslike bestaan nie. Dat elkeen van ons wat skete en swakhede het, wel geskik is om in God's Koninkryk te kan werk. Peter Simmonds speel die rolle van die wyse man van God, asook 'n engel van God wat aan Abraham sy roeping bring. Deur op gepaste plekke in die stuk 'n musikale vertolking van goed gekose getuienisliedere te lewer, dra hy by tot die versterking van die Boodskap van hoop.

Die andersheid van die stuk is daarin dat dit deurlopend vanuit 'n Hebreeuse perspektief aangebied word. Tog is hiérdie jode deeglik bewus van die bevryding wat Jesus Christus sou bring. Dit bring 'n kulturele perspektief na vore wat in die meeste tradisionele vertolkings ontbreek.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Die stuk is baie intens, en spreek tot elke hart. Die storielyn is vinnig en treffend. Ondanks die vinninge storielyn skeep dit egter nie belanglike Heilswaarhede af nie. Die intensiteit bring mee dat, in ag genome die gemiddelde mens se konsentrasiespan, 'n pouse tog gepas sou wees om net weer die absorbsievermoë van die gaste te verfris. Na my mening sou die gaste dan nog meer van hierdie bevrydende Boodskap kon absorbeer.

Hierdie stuk is 'n moet as die evangelie vir jou begin vaal raak het. En as die kleur van die evangelie jou reeds getref het, kom en beaam dit hiermee! Kom en beleef die realiteit van wonderwerke, van genade en van gehoorsaamheid op 'n verfrissende nuwe manier.

© Stof 2008/04/17
.