stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Nita Booyse laat die liefde weer lewe!
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Die ritme pols in afwagting. 'n Harley brul agter my. Net toe ek wil koes staan sy duim in die lug. En sy "Hitchen' a ride" by die Harley. Soos wat die note wegsterf vra sy so ewe met 'n soet glimlaggie vir die gehoor wie wil ook graag 'n Harley hê. 'n Tikkie weemoed speel om haar as sy erken sy het nog nie een nie.....

Dis Nita Booyse. Opwindend, anders en opreg. Sy geniet elke noot, elke maat van die ritme. Sy geniet die gehoor en gee met oorgawe haar beste. Die wat luister kan aanvoel haar entoesiasme is nie plastiek nie. Nita het 'n aansteeklike spontaniteit, 'n bruis en borrel wat jou vasgeplak hou op jou sitplek, gereed om enige oomblik op te spring en haar met dawerende applous te beloon.

Nita laat die volk dans, in Afrikaans! Sy weet presies hoe om binne oomblikke elkeen wat luister se hart te steel. Sy glo onvoorwaardelik aan die liefde en bring deur haar musiek hulde aan hierdie wonderlike ding.

Sy ken ook die nostalgiese kant van die liefde. In haar eie komposisie, Ek weet, laat sy jou terugverlang na daardie dae toe jy iemand in die oog gehad het maar te bang was om toenadering te soek. Verlange om weer jou maat se liefdeswoordjies te hoor, word treffend weergegee in haar eie trefferkomposisie, Sê dit weer. En as jy regtig iemand wil afsê, sal Nita nie omgee as jy die snit , Dit kon jy wees, by haar leen nie.

Vanaf middel November is Nita voltyds in die musiekwêreld. Sy verdien die geleentheid terdee. Daar wag 'n hele skare daarbuite wat net wag om Nita se glinster deel van hulle lewe te maak.

Daar is steeds enkele eksemplare van Nita se CD, Net vir jou, beskikbaar en jy kan jou eksemplaar nou bestel vanaf haar webwerf.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Besoek vandag nog Nita se webwerf by www.nitabooyse.co.za. Vir navrae of besprekings, skakel Nita by 0723473336 of Judith van Vuuren by 0113978006 en maak seker jy bespreek haar terwyl daar nog 'n plekkie in haar dagboek oop mag wees.

© Stof 2008/06/02
.