Kritici sal daar altyd wees. Sommige is gekwalifiseer om geldige insette te lewer. Ander het die natuurlike talent om spontaan hulle gewaardeerde bydrae te mag lewer en so ons almal te help om 'n beter produksie daar te stel. Nog 'n paar se kritiek of kommentaar is nie altyd in die kol nie, maar die feit dat hulle genoeg belangstel om een of ander vorm van publisiteit aan ons te gee, maak selfs 'n verkruppelde waarheid tot gewaardeerde blootstelling.
Dan kry jy dié met swak smaak. Hulle wat die goeie gees agter Aprilgekgrappe misbruik om misplaaste vooroordele, verskuilde haat en minagting publiek te demonstreer. Aanvanklik kon dit voor as dat dit 'n Aprilgekgrappie kan wees, maar die bitterheid en wraakgierigheid daarin maak dat dit dadelik geëien kan word as 'n desperate poging om 'n ander se sukses te skaak. 'n Oormaat tyd, aardse middele en psigiese energie word verspil op 'n psigotiese gejaag na wraak. Hy oes al die e-dresse op sy teiken se internet-skakelwerf. Dan word daar eposse gestuur aan elkeen, waarin bepaalde vooroordele so gestel word, dat dit poog om die teiken en veral dié mense wat vir hom kosbaar is, in 'n swak lig te stel. Genadiglik het die teiken se kontakte meer IK as 'n klip, en sien gou deur die maskerade. Min van hulle neem die spulletjie ernstig op.
My boodskap met hierdie artikel is dit: As jy 'n inset wil lewer om te help, is jy welkom en word jou bydae altyd waardeer. As jy egter jou teiken se eie bronne gebruik om hom te probeer skaak as gevolg van jou eie groen emosie, is dit swak smaak. Poog eerder om bevry te word van die haat-demoon wat jou dryf. Dan sal jy ook dalk tog, vrede kan ervaar.