stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Pret met SMS
'n Duur speletjie...
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Lus vir bietjie pret maar te platsak om te gaan fliek? Geen probleem, daar is verskeie SMS diensverskaffers wat jou sal vermaak teen bloot die prys van 'n SMS. Ja, dis reg die prys van 'n SMS. Maar wat is die prys van 'n SMS?

In die afgelope jaar is 'n groot verskeidenheid kortkodes op plakate, in koerante op radio en op TV geadverteer. En ons, reeds bekend as die nasie wat die meeste SMS het die geleentheid aangegryp en onsself heerlik te buite begin gaan. Sussie laai gou 'n nuwe logo af vir haar selfoon, Boetie 'n nuwe speletjie, Ma 'n sepie voorskou en Pa 'n wulpse poppie vir sy selfoonskerm. Gou gou 'n boodskap vir Ouma stuur na Belboks en vir Pitsop laat weet ek hou niks van daardie ou wat nou net probeer sing het nie. SMS dan gou vinnig die antwoord om 'n besoek aan sewende laan se stel te wen. En wat van daar die voedselverwerker wat ek kan wen? Bring gou die foon, ek moet dit net he! Haai, ek kan 'n 'n huis wen as ek gou genoeg SMS en sommer oor die TV skedule ook navraag doen. Nou raak dit lekker. Het jy gehoor, die Stem is nou as luitoon beskikbaar? En dadelik is Pa op die foon. Ma hoor Seventh Heaven is volgende jaar terug en wil weet wat gaan gebeur. En so 'n ou donasietjie aan kinderwelsyn kan mos nie skade doen nie. Kyk, daar is 'n nuwe SMS klub waar ek luukse voertuie, bote en en weeldespeelgoed kan wen. Kom ons probeer dit gou. En net voor die verkiesing kyk ek sommer gou per SMS of ek geregistreer is. Terwyl ek dit doen, mis ek die jongste kriekettelling en SMS gou om dit te kry. En Woensdagaand raak ek voor die TV aan die slaap en mis die lotery uitslae. Geen probleem, ek vra dit gou per SMS aan. Saterdagaand as die kinders al slaap skakel ek in op ETV en beproef die oulike SMS dienste wat dan geadverteer word. Wat is so tien of twintig SMS'ies nou as fliek in elk geval te duur is.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Tot MTN se rekening die dag kom. Dan besef ek, waarom nie eerder maar tog gaan fliek nie, dit is soveel goedkoper. Op die staat gluur die premie SMS'e se kostes my aan. Die TV skedule kan nog gaan, dit was drie rand. Die sewende laan voorskou ook, nie te duur nie teen twee rand. Maar daardie wenklub is dan vyftig rand. En die donasie aan die kinderhuis dertig rand, gedog dis net drie rand. En die oulike laatnag versies en smeulende logos tussen vyf rand en dertig rand elk. Dan onthou ek meteens die ou dae van die 087 premielyne. Al verskil is, SMS is so gerieflik beskikbaar op 'n intrument in my sak, dis minder moeite as om handstuk toe te stap.

Die premie SMS'e sal waarskynlik ook nie deur die owerhede gestaak word nie, want mediasensuur is so afgeplat dit dit net in naam bestaan. En die fynskrif het mos gewaarsku! Maar die fynskrif is so fyn en die grafika vra soveel van my aandag dat ek mos nie nog op fynskrif kan konsentreer nie.

SMS is waarskynlik die mees onmiddelike en effektiewe kommunikasiemedium vandag. En as dit bloot gebruik word vir een tot een kommunikasie is dit 'n wondermedium wat die lewe vir die meeste van ons makliker maak. Juis omdat SMS so gewild en vrylik beskikbaar is, bied dit egter besigheidsgeleenthede aan entrepeneurs wat 'n vinnige paar (of duisende) randjies wil maak. Feitlik enige inligting is vandag per SMS beskikbaar waarvan baie nogal bruikbaar is en werklik nuttig. Andere minder nuttig maar tog so opwindend. Dit juis daar waar ons as goedgelowige nasie maar inspring en fluks begin SMS.

SMS vereis 'n sekere mate van disipline en selfbeheersing, veral omdat dit so vrylik beskikbaar is en geen konkrete ouderdomskontole tegnies moontlik is nie. In 'n era waar tegnologie vermaak, toegang tot inligting en maklike kompetisiedeelname maklikker as ooit maak, moet ons as SMS gebruiker verantwoordelikheid neem om seker te maak wat die kostes en vangplekke van premie SMS dienste is. Die minder bekende, maar hoogs iriterende vangplek van somminge dienste' is 'n poslys. As 'n gebruiker die diens eenmaak gebruik het, kry hy daarna gereeld promosie SMS'e wat dikwels so baie raak dat dit sy dag tot dag kommunikasie omvergooi. Al sou die fynskrif se dat 'n intekenaar enige tyd kan afteken, is dit in praktyk egter minder maklik en word die gebruiker 'n slagoffer van gemorspos per SMS. Om hierdie tipe dienste verantwoordelik te gebruik maak die lewe baie makliker en die stelsel opsig self is 'n aanwins. Ons moet egter net leer om die fynskrif mooi te lees en nie te val vir interresante versoeking nie. 'n Goeie norm is die bruikbaarheidvlak van die diens. 'n Gemiddelde weernavraag of TV skedule is gewoonlik billik geprys en dikwels goedkoper as om net daarvoor 'n koerant te gaan koop. Sodra daar 'n kompetisie betrokke is, moet daar 'n groter wins wees en daarom sal feitlik alle kompetisielyne se tarrief aansienlik hoer wees. Sekere luitone en logos vor selfone is billik geprys, maar let op, sodra die logos 'n erotiese ondertoon begin kry, kos dit heelwat meer. Dienste waar denkbeeldige oordele oor verhoudings en toekomsvoorspellings gemaak word, is gewoonlik duur en selde indien ooit van waarde in praktyk. Die norm behoort die nuttigheidsvlak te wees. Basiese inligtingsdienste is in meeste gevalle billik en nuttig. Maar pas op vir die vermaaklike dienste, dit is daar waar jou selfoonrekening jou gaan laat skrik. Astrologie en erotika is ook 'n mynveld om fyn in te trap, want dis waar die beladings dikwels die hoogste is.

Geniet jou SMS kultuur, dis daar vir jou gemak, mits jy dit gedisiplineerd gebruik. En as jy vermaak soek, is die fliek uiteindelik tog goedkoper.

© Stof 2010/01/06
.