|
Verlede week was die elkeen wat enigsins kon piep, druk betrokke by een of ander gesprek waar Evkom se planne met beurtkrag die onderwerp was. Daar is verwyte gegooi, superslim kitsoplossings geskep en druk gesoek na verskulde agendas agter klippe waar daar nie eers ‘n haas was nie. ‘n Paar mense het egter besluit, ons gaan nie ‘n woord oor die onderwerp praat nie. Nie op sosiale media nie, nie oor ‘n koppie koffie nie. Die besluit was om die saak net so vir Vader te gee en self te swyg.
Soos te veragte, het Hy het weereens sy getrouheid bewys. So uit die bloute, toe almal wat so druk besig is met besprekings oor hoe lank die lastigheid nou gaan duur en hoe ontwrigtend dit is en en en... kom die mediaverklaring gister: Evkom het ‘n manier gevind om die nodigheid van beurtkrag, nou en tydens die komende koue seisoen, heeltemal uit te skakel.
So het Vader bewys, Hy kan dit wat die kritiese mens as onmoontlik beskou, met ‘n oogknip vermag. Hy kan koppe draai en ingenieurs wat dalk nie eers in Hom glo nie, wysheid gee om die probleem in ‘n kits op te los. Hy, die Skepper van al die materiale en grondstowwe wat nodig is om elektrisiteit op te wek, het aan die skepping opdrag gegee om gehoorsaam te wees. En hulle was.
Daarvoor ek Hom! 2014/03/12
Dit is tragies dat ‘n enkele personeellid by instansies wat ‘n gewaardeerde diens aan mense met bepaalde behoeftes lewer, die beeld van die instansie geweldige skade berokken deur afstandskeppende en meerderwaardige gesindhede te handhaaf teenoor onskuldiges wat bloot per toeval genoem is in ander gesprekke tussen ander partye. Hierdie tragiek skep die indruk dat diegene wat ‘n hawe gebied word, in wese eerder ‘n verskoning is om die instansie se fiskale ‘n nuttige stootjie te gee, as om werklik die mens se behoefte te sien.
Estelle Verbeek, jou eensydige en liefdelose afjakke en meerderwaardige gesindheid, word jou vrygespreek.
Yana Tehuis se inwoners bly my naby die hart en ek sal omdat Pa dit wil en dit Sy opdrag is, sal ek hulle steeds met bedoelde liefde en omgee dien. 2014/02/06
|
|
Menige lyers aan die nare siekte normaliteit respekteer nie die gawe van kreatiwiteit nie en saboteer deur hul oogklap inmenging, die kreatiewe se produktiwiteit. 2013/12/24
Die nag is eerlike en feinsloos donker. So anders as die dag wat té dikwels, gewetenlose vals lig voorhou. 2013//10/24
Sopas weer ‘n epos gekry waarin bankteruggeneemde huise en voertuie geadverteer word. Stof ondersteun nie die tipe verkopings nie. Die rede is eenvoudig: Die dinge wat jy koop, word nie deur die eienaar verkoop omdat hy wil nie. Dit word verkoop as gevolg van ‘n hartseer sameloop van omstandigdhede waar iemand iets wat waarskynlik vir hulle kosbaar is, ontneem word weens tydelike nood.
Dieselfde geld vir pandjieswinkels. Die meeste voorraad is juis ook daar, nie omdat die eienaars dit bloot wil verkwansel nie, maar omdat nood van een of ander aard hulle genoop het om dit teen ‘n skandelike klein bedraggie te verkoop aan die pandbaas.
Stof sal dan eerder die duurder item koop daar waar dit as nuwe winkelvoorraad beskikbaar is. Die paar rand wat hy spaar in ‘n oomblik, is nie die lewenslange gewete werd as gevolg van die uitbuiting van ‘n gelykgeskapene wat in ‘n beproewing was nie. 2013/08/01
Die reuk van 'n kers wat pas doodgeblaas is kan nie in woorde omskryf word nie. Dit moet beleef word.
2012/12/04
Dikwels sal jy vind dat iemand eensydig in die middel van ‘n stel korrespondensie, skielik die volgende stelling maak:
”Ek beskou die saak as afgehandel”
Die betekenisinhoud daarvan is egter dieper en kan onder andere die volgende beteken:
- “Ek dink te min van jou om te jou inset oor die saak te wil hoor...”
OF
- “My kennis en/of vaardigheidsvlakke laat my in die steek daarom weet ek nie hoe om te reageer nie...” 2014/02/08
|
Aangename kennis, sê Opel vir die betonmuur. Eina, antwoord muur, ek het meer daarvan gehou toe ek nog regop gestaan het...
2012/12/30
Piromaniake ontwaak.
Kringspierkramp manifesteer.
2012/12/31
Boswell en Wilkie berig onlangs dat hulle omset drasties gedaal het.
Die Parlementêre kompetisie is blykbaar net te veel...
2010/02/16
Christo Hoffmann skyf nou onlangs: “Niemand het my geskep nie, ek het geëvoleer”.
Net daar vul ‘n dankbaarheid my, dat ek skepsel van ‘n almagtige Skepper-God is, en nie bloot 'n nasaat van ‘n eensellige redelose goggatjie nie.
2012/12/07
As jy intree voor Pa vir iemand, of jouself, laat daar geen twyfel wees nie. As daar wel twyfel in jou is, laat die bevryding daarvan, jou eerste bede wees.
2012/10/19
'n Kind van God se hele lyf is vol kniee. Ongeag die posisie waarin hy hom bevind terwyl hy kniel voorr Pa, sien Pa sy hart raak, en seen dienooreenkomstig.
2012/09/27
Die verskil tussen 'n wysgeer en 'n wysneus: As die uil praat, neem dit ter harte. As die haan kraai, kyk eers op jou horlosie of jy dit kan glo...
2012/12/27
As 'n bill 'n os word en sy venstertjies jou die hoeveelste keer in die tande skop, weet jy dis nou regtig tyd vir 'n skotse appeltjie of twee...
2012/05/21
Elke mens het 'n vrye keuse met watter kant van sy rugstring hy dink. Nie almal maak dieselfde keuse nie... 2008/11/14
| | |