stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

'n Ope brief aan saamryers
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Stof raas vannag: Stof is geseën met ‘n voertuig wat wel van tyd tot tyd pasasiers kan vervoer. Die minste wat die pasasiers kan doen, is om die bedagsame ding te doen om die deur waar jy uitklim, te sluit voor jy net wegstap. Deur so min om te gee vir die voertuig en die inhoud daarvan, sowel as jou meëryers se goed wat dalk in die voertuig mag wees, toon jy opperste disrespek teenoor die Gewer van die voertuig, teenoor die bestuurder sowel as teenoor die medepasasiers. Dit is nie die Stof of enige ander bestuurder se taak om agter sy nalatige passasiers aan te loop en by elke stoppunt, self reg rondom die voertuig te stap en self die deure te sluit terwyl die pasasiers hom ewe ongeduldig aanjaag nie. Maak van nou af ‘n punt daarvan om in enige voertuig waar jy saamry, bedagsaam genoeg te wees om self, minstens die deur waar jy uitgeklim het, te sluit. Dit is regtig nie te veel gevra nie.

Of probeer jy dalkies net deur jou versuim, 'n verskuilde boodskap van minagting oordra?

© Stof 2013/03/14

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.