|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
'n Ode aan my pa Fanie
As ander 'n edelman, se eer probeer steel...
|
|
| | |
|
My pa Fanie: Hy is ‘n edelman wat ‘n leeftyd se werk ingesit het tot en met vandag. Hy het tydens sy jare in die tuig, baie mense opgelei om vandag meesters te wees op hulle gebied.
My pa Fanie: ‘n Man wat verdien om geëer te word vir wie en wat hy is. Ondanks druk van intimideerders wat ander wat so kosbaar is vir my, teen my en die werk wat Vader my voor gestuur het, gedraai het, is Pa Fanie in sy hart agter my. Hy wil sien dat daar seën op die werk is. Hy sal, wetende dat hy homself ‘n klomp kritiek op die hals haal, intree vir my as ‘n gesprek teen my draai. Hy is al baie name genoem. Hy is die afgelope tyd baie vernederende terme, sonder agting vir sy waardigheid en gesonde oordeel, toegedig in geselsskap, selfs voor vreemdelinge, omdat hy iets van my roeping verstaan. Sy oordeel word gereeld deur in sy gesig bevraagteken as hy vir my opkom. Maar steeds doen hy dit.
My pa Fanie: Hy wat deur hulle vir wie hy in wese so lief is, as ‘n mindere geäg word. Hy wat die leier in die huis was al die jare, word nou publiek en in geselsskap as onbekwaam beskryf, dikwels op die mees kru en respeklose wyses. Hy word nie toegelaat om sy sinne te voltooi nie, want ‘n deel van sy gehoor wil nie hoor (vrees dalk) wat hy te sê het nie. Hy word as onbevoeg beskryf omdat hy die "dwase" besluit geneem het om te kies, om sy laaitie Stof lief te hê.
My pa Fanie: ‘n Man vir wie se eer ek vandag opstaan. Ek eer sy woorde. EK eer sy sentiment oor die deel van my werk wat hy wil sien blom. Ek eer hom vir die moontlikhede wat hy oor jare vir my oopgemaak het. Vir sy rol in 'n paar papiertjies teen my muur. En so, sonder dat hy dit besef, het hy my bemagtig om meer effektief as Koninkryksinstrument te kan funksioneer.
|
|
Ek eer vandag hier vir pa Fanie. Hy is ‘n volwaardige mens, met ‘n volwaardige reg om sy opinie te huldig sonder om onderdruk te word. Hy is ‘n edelman, alhoewel deur min geäg. Ek deel geen sentiment wat sy oordeel bevraagteken nie. Ek kondoneer geeneen van die wrede insette in gesprekke waar hy so dikwels publiek verneder word nie. Ek kondoneer geeneen van die omgekoopte dokters se mening, dat hy kwansuis nie meer bevoeg sou wees nie. (Een van hierdie dokters, het teenoor my ‘n belydenis gemaak. Maar die skade was klaar gedoen... Hy kan nie sy verslag omkeer nie, want dan sou sy integriteit bevraagteken word en kan dit tot risiko's vir sy regostrasie lei. Maar omdat hy bely het, is hy vergewe.)
My pa Fanie sal vir my die edelman bly wat ek weet hy is. Ek sal nooit deel in enige van die subtiele en minder subtiele pogings om hom van sy menswaardigheid te probeer stroop nie. Ek SAL nie toegee aan druk om hom saam te beswadder nie. Ek gee nie om, om veroordeel te word daarvoor nie, want ek wat Stof is, weet wie en wat my pa Fanie werklik is.
Dankie pa Fanie, vir die omgee-edelman wat jy is. Ek eer vir Vader vir jou in my lewe.
.
|