|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
Pêrels voor die swyne
Oor onbeskofte kommunikasie
|
|
| | |
|
Die meeste van ons kommunikeer daagliks op een of ander manier met 'n medemens. Die redes wissel van gesprek na gesprek. Die trant daarvan, van spreker na spreker. Hierdie kommunikasie is baie dikwels nie net verbaal nie. Dit kan geskrewe wees. Dit kan digitaal wees op een van die vele maniere wat tegnologie vir ons gebring het.
Ongeäg die medium van kommunikasie, word die styl van oordrag, aangepas ooreenkomstig die sprekers se siening van mekaar. Deur blote subteks, lyftaal en stemtoon, word laat blyk 'n spreker wat sy indruk is van sy gespreksgenoot. In heeltemal te veel kommunikasie-situasies, word vergeet dat die gespreksgenoot, 'n gelykgeskape medeskepsel is wat nie net 'n blote tweede prty in die gesprek is nie, maar 'n gelyke wat mer respek hanteer moet word. Indien die wyse van gesprekvoering nie gelykheid van die gespreksgenoot eer nie, is die gesprek futiel.
Baie dikwels feins die inisieërder van die gesprek van die begin 'n arogante, neerhalende en voorbarige masker. Dit manifesteer in 'n onbeskofte en respeklose wyse van kommunikasie. In hierdie kommunikasie het die inisieërder reeds 'n vasgestelde verwagting van die reaksie wat hy benodig om sy voorafopgestelde oordele, te bevredig. Hy het geen plek in sy hart vir redelike luister nie. Hy raak aggressief as die terugvoer nie dit is, wat reeds in sy verwronge draaiboek die verwagting vorm nie. Hierdie is dan gewoonlik ook die gespreksgenoot wat op luiddrigtige en hatige toon, sal reageer op enige reaksie van die spreker op wie hy neersien.
In Mattheus 7:6 lees ons: "...en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.
|
|
Deur te poog om 'n sinvolle inset te lewer in 'n gesprek met 'n bevooroordeelde gespreksgenoot soos in die paragrawe hierbo beskryf, is presies die praktyk waarna in Mattheus 7:6 verwys word. 'n Persoon wat nie ontvanklik is vir enige reaksie wat buite sy verwagting val nie, luister selektief, Hy verdraai dit wat hy hoor, sodanig dat hy woorde probeer inlê in die spreker se mond. In respons, reageer hy nie op die ware inhoud van die reaksie nie, maar op wat hy in sy bevooroordeelde gemoed gehoor het. Dit is dus duidelik dat dit 'n mors van asem is, om 'n bevooroordeelde gespeksgenoot, met sinvolle inligting te voer. Hierdie gespreksgenoot het reeds voor die gesprek begin het, emosionele beheer verloor en dit het 'n direkte invloed op die oombliklike intelegigensie sowel as die die rasionele denke.
Om dus te reageer op onbeskofte kommunikasie, is om jou pêrels voor die swyne te gooi.
‘n Persoon wat onbeskof kommunikeer, hetsy in skrif, digitaal of verbaal, het reeds emmosionele beheer oor sy kommunikasie en luistervaardighede verloor. Sodanige persoon is van die begin af, nie vatbaar vir enige redelike kommunikasie in reaksie op sy geraas en geblaas nie.
Sodanige persoon is nie instaat om die totale prentjie te sien nie, en soek in elke woord wat nie na sy of haar wens is nie, ‘n sleutel tot konflik.
Dit is dus jou keuse: Gaan jy jou pêrels voor die swyne gooi, of gaan jy jou Godgegewe gawe van gesonde oordeel, kalmte en redelikheid, in dankbaarheid hoër ag, deur net te regeer op hulle, wat dit werklik waardig is?
Deur bevooroordeeld en onbeskof te kommunikeer, gee jy jou gespreksgenoot, die reg om jou te ignoreer. Daardie gespreksgenoot se oordeel is op daardie oomblik teenwoordig genoeg, om te weet wanneer hy nie sy kosbare denke hoef te mors, daar waar dit in elk geval respekloos vertrap sal word nie.
Deur te reageer op onbeskofte kommunikasie, gee jy jou goedkeuring daartoe. Jy moedig jy die aggressor aan om maar voort te gaan, met sy vergrype aan beskaafde- en Woordnorme. Wil jy graag skuldig wees daaraan, dat jy 'n medemens aangemoedig het om dalk lewenslank, respekloos teenoor 'n gelykgeskape medemens op te tree?
Die keuse is joune...
As jy dus eendag geïgnoreer word deur 'n medemens, is dit dalk met rede. Kyk dan in die spieël en kyk dan af. Miskien, net miskien, is jou spoor op daardie oomblik, nie die van 'n mens nie?
.
|