Elke menslike stelsel is feilbaar. Elke menslike stelsel sal een of ander tyd, die menslike oorsprong daarvan wys en 'n paar tegnologiese glipsies maak. Daarmee het ek nie 'n probleem nie. Ek kan met dankbaarheid deel dat, ten spyte van enkele tegniese glipsies wat op die MTN netwerk voorgekom het, die meeste van die personeel se menseverhoudings en tegniese kennis getuig van toewyding. Hierdie enkele probleme, is effektief hanteer. Mag die personeel by MTN wat hulle klante so op die hande dra, oorvloedige seën daarvoor ontvang. Mag dié wat soms tog soms probeer wegkom met afskeep diens, spoedig die vreugde van dienslewering by hulle kollegas aanleer.