As kommunikasie 'n belangrike deel van 'n mens se dagtaak uitmaak, is die infrastruktuur en diens van 'n betroubare verskaffer nogal noodsaaklik. Ons voorouers had altyd mos die gesegde oor al die eiers in een mandjie. So gebeur dit toe dat Cell C die diensverskaffer word van die aanvullende lyn. Dat dit 'n goeie keuse is, was binne 'n kort tydjie duidelik. Naas die uitnemende diens van MTN, bied Cell C die perfekte opsie vir 'n volledige kommunikasiepakket. By meeste van die takke is diens besonder goed. En ek vertou dat die enkele takke wat nog haakplekkies het, binnekort net so effektief soos hulle meer ervare eweknieë sal wees.