|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
|
'n Wyle gelede begin Stof te soek na 'n nuwe webhuisie vir sy digitale belange. Hy het al hoe meer probleme met Hetzner se klantediens ervaar. As klantediens onwelriekend begin raak, kan die tegniese diens hoe goed wees, maar die bitter smakie sal altyd daar wees. Na verskeie opsies ooweeg is, kom hy op Hostcow af. 'n Knus, persoonlike maatskappy wat klante steeds as mense sien. 'n Maatskappy wat deur genoeg invloedryke instansies gebruik word, dat Stof besef, hier is die antwoord. Na 'n persoonlike gesprek met Jacques, die groot kokkedoor, is hy oortuig, hier sal hy sy belange veilig kan vestig.
Met die keuse van die pakket, blyk dit dat Hostcow bepaalde opsies het waar daar nie beperkings is op sekere dienste nie. Dat daar nie kwotas is op die aantal adresse wat aanhaakdomeine mag gebruik nie. Hostcow vertrou ook sy klant sodanig, dat die klant aanlyn beheer het oor dag tot dag funksies en fasiliteite, wat by Hetzner slegs deur 'n konsultant gedoen kon word, te bang die klant blaas seker hulle stelsel op...
Te midde van 'n beproewing waardeur Hostcow moes gaan toe 'n stoute kabouter ingebreek het op hulle stelsel, was hulle deurlopend daartoe gerig om die skade so spoedig moontlik te herstel. Die diens na die herstel van hierdie skade, was egter beter as voor die kuberkrakermanewales. Die sekuriteit daarna, baie gerusstellend. Hierdie verbeteringe het sonder enige ekstra kostes, beskikbaar gewees vir elkeen van ons as hulle klante. Dit is hartseer dat enkele klante gevlug het tydens die onderbreking. Maar as Stof vandag sien hoe sukkel die weglopers met hulle nuwe spesiale aanbiedinge-pakkette by die kompetisie, is hy seker, diegene is groen van jaloesie op die feit dat Stof steeds geseën is met uitnemende diens deur werklik toegewyde mense wat oor uitstekende toerusting beskik.
|
|
Elke leser moet nou mooi lees: As jy 'n webhuisie soek, moenie verder soek as Hostcow nie. Hier, sal jy voel asof jy tuis gekom het. Hier, sal jy weet, jy is nie net nog 'n genommerde melkkoei van 'n kapitalistiese maatskappy nie, maar 'n gewaardeerde klant van 'n digitale koei wat dit haar taak maak, om jou belange die beste te dien. Besoek www.hostcow.co.za en bederf jouself met die webervaring, wat jy as Koningskind verdien!
.
|