'n Getroue werkesel is vir enige mens wat graag mobiel wil wees, 'n noodsaaklikheid. Iets wat die lewe in 'n sosiale stelsel wat gebou is rondom gemotoriseerde vervoer, draagliker kan maak. Stof het so 'n bakkie in sy lewe. Al is sy siek op die oomblik, is dit nie omdat sy 'n minderwaardige produk is nie. Dis omdat sy so getrou en so lojaal haar kant gebring het. En, so vertrou Stof, sal daar D.V. binnekort voorsiening wees om haar weer mooi gesond te maak.
Haar naam is Bets. Sy is 'n 1982 Hilux 2.2D. Sy trek soos 'n os, en is nie bang om in moelike omstandigdhede, haar lojaliteit te bewys nie. Sy het na dertig jaar, steeds nog baie myle wat sy moet ry. Baie werk wat vir haar wag.
Daagliks hoor ons gesprekke oor voertuie. Mense wat kla oor wat alweer verkeerd geloop het met hulle voertuig. In al hierdie gesprekke, was dit nooit nodig dat Stof ook 'n negatiewe woord hoef te spreek het nie. Hy weet, hy is geseën met voertuie, wat Pa spesiaal oor sy pad gestuur het. En dat hierdie bakkie, by name Bets, uit een van die mees betroubare stalle kom, bewys hoeveel sy Vader regtig vir hom omgee.