In Capital Park is 'n wegkruipplek waar jy weer vrede kan vind. 'n Plek waar die skrywersiel kan ontspan en inspirasie vind. Deur die Poësiehuis te deel met ander, word dit 'n hawe vir die moedelose, 'n saamkomplek van die eensame. Aan die bestuur van hAp, julle word raakgesien. Die genesende rol wat jul in die gemeenskap speel is groter as wat jul ooit besef.