stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Briefie aan my boetie Muis
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting


















My liewe boetie Muis.
Te midde van die hospitaalopname van iemand wat vir my en vir jou baie kosbaar is, het jy steeds gekies om vandag weer die hele proses te probeer oorneem. Op hartelose wyse, jou boetie wat so lief is vir jou, probeer afjak en sy omgee as feins aan ander probeer voorhou. Nadat ander rolspelers vroeër vandag met jou gesels het, het hulle my ook aktief begin uitsluit uit die ondersteuning en omgee wat ek met graagte en liefde tot op hede gegee het, en steeds sal gee. Dit is duidelik dat jy met negatiewe intimidasie besig is. Wat jy vir hulle vertel het, was duidelik 'n soort van "waarskuwing" teen jou boetie, want meteens word hy weer met niks vertrou nie.

Dit is my voorreg om vandag steeds en weereens, teenoor jou die volgende publieke stelling te maak:

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Jy is my boetie. Jy is dus deel van my , deel van my hart, deel van my omgee. Jy het 'n knus nessie in 'n spesiale hoekie van my hart, wat nooit aan enige iemand anders afgestaan, of sommer net toegemaak sal word nie. Daardie nessie wat jyself gekies het om te ontruim, sal altyd joune bly, en daar is welkom om te enige tyd, dit weer in te neem.
Nou is die tyd om af te skud, watter redes ookal jy aanvoer om die reg te bekom om jou boetie Stof met passie te haat en te minag. Nou is die kans om jou regmatige plekkie in te neem en die knusheid van 'n drukkie uit jou brroer se hart, met opregtheid te neem.
Hierdie broer Stof van jou, verseker jou dat jou gevoel teenoor hom, nie wederkerig is nie. Jy hoef nie te kruip nie. Jy hoef nie te probeer egstel, die disinformasie wat jy oor jou breoer Stof versprei, eers reg te sel nie. Hulle wie jy geteiken het daarmee, het dit in elke geval nie ter harte geneem nie. Jy hoef nie dinge te doen wat jy in die kringe waar jy beweeg, as vernederend geäg sou word nie. Jy hoef net jou geite te los, en hierdie herhaalde uitnodiging, hierdie keer met opregtheid te aanvaar. Is dit nou regtig te veel gevra? Stof vra nie meer van jou, as om bloot net jou gelykgeskapenes, in hierdie geval Stof, maar ook vir Gina, sos gelykgeskape medeskepsels, maar meer nog, as jou broer en skoonsussie, te aanvaar en lief te hê nie.
Hoe moeilik kan dit wees?
Jou boetie wag op 'n epos.
Stof 2016/05/26

Opvolg op 2013/12/30
Vandag, 2013/12/25, en steeds het jy nie gereageer op die oorspronklike hand wat uitgereik word hieronder nie. Tog kies jy self om steeds jou gelykgeskape en genetiese boetie te haat, te ignoreer en jou uit die voete te maak as hy in dieselfde vertrek as jy kom. Stof gaan nie die inhoud van die brief hieronder herhaal nie, want dit is steeds presies wat hy vir jou wil sê. Jy, as Stof se enigste genetiese boetie is kosbaar vir hom. Jy, het 'n plekkie in sy hart wat net joune is, waar jy nie verjaag is nie, maar wat jyself ontruim het. Jy weet jy is enige tyd welkom om weer jou plekkie in te neem.
Lees dus die onderstaande brief van nagenoeg 'n jaar gelede, sorgvuldig, en moenie toelaat dat jou verwydering 'n dag langer duur nie.

Oorspronklike brief soos op 2012/12/30
Dit is vandag 2012/12/30. Jy het vroeg vandag reeds jou opwagting op die werf gemaak. 'n Gebeurtenis waarna ek gewoonlik uitsien, want ek weet, daardie stuk omgee vir jou boetie Stof sal nog die oorhand kry en jou noop om om jou arms oop te maak en tog vir hom te sê, jy is lief vir hom. Dat jy hom gemis het in die tyd dat jy, jou hart probeer toemaak het en so baie energie laat verlore gaan het, om hom soveel as moontlik te haat, te minag en te diskrediteer.

Toe ek jou kom groet het kort na 13:00 nadat ek teruggekom het van 'n geleentheid waar ek baie stof tot dankbaarheid beleef het, het jy my tog doelbewus probeer uit-inimideer. Deur 'n familielid se aandag so te kaap dat sy nie eers kon groet nie, en aan te hou babbel oor alledaagshede, het steeds vir jou gelykgeskape boetie probeer sê dat jy hom haat en minag. Al was daar later die dag 'n gefeinsde klank aan die laggie wat jy vir Sarie gegee het nadat sy geäriveer het, was dit tog goed om jou te hoor lag.
- Dit was goed om te weet een van die volgende moontlikhede het daar gemanifesteer:
1: Jy kan werklik nog uit die hart uit lag,
of
2: Jy kan lag so lewensgetrou feins dat sommige jou dalk nog mag glo...

My wens en begeerte dat jy daardie plekkie in my hart wat jyself ontruim het, self weer inneem, is altyd daar. Daardie plekkie, wat jyself ontruim het, sal nooit vir iemand anders gegee word nie. Dit sal nie verkoop, verpand, verruil of verhandel word op enige manier nie. Dit word instandgehou, sodat dit op enige gegewe oomblik, gereed sal wees om jou te ontvang.

Weet dus die volgende:
Jou boetie Stof is lief vir jou soos hy net vir 'n genetiese boetie kan liefwees. Hy sal nooit jou versaking van die nessie in sy hart net vir jou, teen jou hou nie. Hy sal daardie nessie, nooit aan iemand anders afstaan nie. Dit is joune, net joune. Joune om self weer te betrek, soos wat jy dit self ook ontruim het. Jou boetie Stof sal jou nooit terughaat en terug-minag nie, want dit is nie vir hom moontlik nie. Moet dus nie verder teen die omgee vir jou boetie wat in jou diepste wese steeds daar is. maar wat sy so hard probeer wegsteek en ontken, in verset kom nie. Doen jouself dus nou die guns om aan daardie roep diep binne in jou, gehoor te gee. En die oomblik as daardie maskerdop kraak, sal die bevryding wat jy ervaar, jou hele wese só oorspoel en 'n gemoedrus in jou bring, dat jy sal wonder, waarom het jy dit nie al lankal gedoen nie.

Moet nou nie te lank wag om jou hartsnessie weer te betrek nie. Neem sommer nou die regte stap

Jou boetie, Stof

.