stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Is 'n herder vanselfsprekend?
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Gistermiddag had Stof die voorreg om 'n tydjie by 'n omgeemens in te loer. Iemand wat vir herder vir herders is. Iemand wie se ondersteuning, soos wat dit deurgedra word deur daardie herders, uiteindelik van hom 'n herder vir derduisende skape maak.

Hierdie herder het verhuis. Tesame met die kantoor vanwaar hy soveel dae en nagte deur insit om diť wat hy dien, te ondersteun om dit op hulle beste te kan doen. 'n Verhuising wat hom en sy vrou, en een enkele helper meer as 'n week besig gehou het. Dit was egter net die fisiese verskuiwing van die huisraad en die kantoor. Die ordeskep wat volg, is nog 'n paar maande se swoeg wat voorlÍ.

Met die gedagte om 'n nederige bydraetjie te lewer om die las te verlig, vra Stof 'n kennis om die koppelaarrubbers van 'n voertuig te vervang, sodat dit moontlik sou wees om die groot herder te gaan bystaan. Sekerlik, sÍ die kennis, en gryp selfs na die gereedskapkas. Toe kennis egter hoor dat die haas hieragter is om met die boetie wat trek te gaan handgee, word die aanbod met 'n suur trek teruggetrek. "Nee man, dit help &@**@% as ek jou voertuig herstel ek jy neuk dit net weer op vir ander sonder dat jyself iets daarvan het. Kennis het vertrek en tot op dese, nie weer gesig gewys nie. En steeds, is die voertuig nie koppulatief nie.

Stof se waarneming van hierdie insident noop hom om 'n paar waarnemings vas te pen en hier te deel:

Dit is maklik om te skreeu "Wolf-Wolf!" as die spreker 'n behoefte het. Dit is maklik om te verwag dat die herder na wie gewend word, al sy kontakte en outoriteite moet gebruik om iets te laat gebeur. En as die reaksietyd nie volgens spreker se verwagting is nie, die reg toe te eien om herder te verwyt.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Nou is herder die een wat 'n hand nodig het. Die een wat kan doen met 'n blykie waardering vir al sy opoffering vir Koninkrykswerk. Dan verander die scenario meteens. Dan kan hy en sy gade self sukkel, want herder se trek het geen korttermyn voordele vir die spreker nie. Sal maar effe wag tot hy gesetel is voordat ons weer eise aan hom begin stel...

Herder is die een wat weens die aards-fiskale situasie as gevolg van die afgelope paar jaar 'n huis gehuur het, in geloof dat daar maandeliks genoeg ondersteuning vir hom sal wees om die huurfooi by te bring. Herder is die een wat nie 'n huis besit nie, wat 'n basiese voertuig opgebruik om ons klomp te versterk en te dien. Dit, terwyl baie van ons, 'n huis besit, en luukse voertuie het. Herder is die een wat so baie van ons vanuit sy eie beperkte bronne steeds bly help, ongešg of ons kan teenprestasie aan hom lewer. Hy doen dit, want hy weet, ons gebruik daardie insette in ons lewe om die Koninkryk te bevorder. Hy doen dit, al weet hy nie op menslike wyse, hoe mŰre in sy lewensbehoeftes voorsien gaan word nie. Maar hy versuim nie, want hy weet, sy Vader is getrou en sal hom veelvuldig seŽn op dit wat hy saai.

Elkeen van ons het 'n gawe. Uiteenlopend, nie sodat ons teen mekaar moet werk daarmee nie, maar juis dat ons mekaar moet komplementeer daarmee. Sodat ons hierdie samewerking tussen verskillende gawes, optimum kan gebruik om ons Vader se Koningkryk uit te bou. Ons klompie herders is besonder bevoorreg. Ons het toegang tot hierdie herder, wat ons belange so dikwels namens ons dien. Hy wat ons sonder 'n verwagting van teenprestasie, ondersteun om ons beste te kan gee waar ons moet dien.

Dit is nou te laat om hom met sy verhuising te help. Hy en sy gade het dit reeds met die gewaardeerde hulp van een gestuurde engel, afgehandel. Ons het egter nog die geleentheid om ons verskil te maak in sy lewe. Om ons waardering vir sy toewyding te toon. Ons het steeds die geleentheid om op 'n volgende geleentheid waar hy, en ander wat ons werk ondersteun, ons kant te bring. Ekself, as skrywer van hierdie stuk, kon ook baie meer gedoen het.

Gaan ons van vandag 'n punt maak daarvan om ons oŽ oop te hou vir die behoeftes van ander, en bereid te wees om te wees wat Pa ons bedoel het om te wees: gelyke boeties en sussies wat sensitief is vir mekaar se behoeftes? Gelykgeskape boeties en sussies, wat wat die uiteenlopende gawes wat ons ontvang het, sal gebruik om mekaar daarmee aan te vul?

© Stof 2013/05/29
.