stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Ope brief aan buurman Chris Pretorius
Om te kan luister en om lewe te spreek
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Sedert die dag dat Stof as agterplaasplakker op die erf langs jou ingetrek het, handhaaf ons 'n goeie verhouding. Ons deel spontaan dinge as ons paaie kruis en hanteer mekaar met wedersydse respek soos wat dit gelykgeskape skepsels betaam. Dit is hoe Stof dit wil hou en daarom dan hierdie ope brief.

Onvoltooide gesprekke: Die afgelope tyd was daar enkele belangrike gesprekke wat nie voltooi is nie. Dit is gesprekke wat van kardinale belang is en daarom per geleentheid voltooi moet word. Overgestesynde, gesprekke wat Stof vannag hier gaan voltooi. Onvoltooide gesprekke is dikwels die wortel van toekomstige misverstande, en dit is die laaste ding wat jou boetie Stof wil sien.

Toe Stof hartseer was oor en teleurgesteld was in die manier waarop die selfaangestelde "forums" proffessionele mense misbruik en afjak, en sy hart met jou kom deel het, was dit een boetie wat 'n ander se hand kom vra het om net sy las te help dra. 'n Oor wat tot genesing vir beide moes lei. Die idee was nooit om enige van die forumtrawante te diskrediteer of sy gelykgeskape skepsels te misken nie. Dit was geen klag of knor nie. Dit was 'n liefdesaksie. Dit was bedoel om menseverhoudings te herstel.

In plaas daarvan om hierdie vertroue wat in jou gestel was, in hierdie broederlike lig te sien, het jy gekies om 'n kritiese baadjie aan te trek en alles wat Stof sê, te bevraagteken. Jy het sovêr gegaan om sy identiteit en proffessionaliteit te bevraagteken. Jy het woorde in sy aardse pa se mond gelê asof hy sekere minder vleiende dinge oor Stof te sê sou hê. Wat daarvan skerp gesny het, is dat jy een van die mense wat vir Stof seker die meeste op aarde beteken, hier tot 'n leunaar probeer maak het. Stof het die sakie met sy aardse pa opgeneem, en dit kom voor dat julle 'n gesprek daaroor gehad het, alhoewel dit ook blyk dat genoemde gesprek nie regtig die kern van die saak aangespreek het nie weens 'n gebrek aan wedersydse openheid.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Kom ons trek hierdie situasie bietjie uitmekaar sodat ons die destruktiewe formaat wat dit nou aangeneem het, na die uitmekaartrek weer kan aanmekaarsit tot 'n harmonieuse eenheid.

Om Stof te bevraagteken is een saak. Te midde van Stof se moë gees op daardie tydstip, sowel as die teleurstelling dat jy nie die ondersteuning gebied het op die vlak waarop hy jou as gelykgeskapene genader het nie, was hierdie gesprek eerder 'n trap as 'n ophelp. 'n Afjak in gees waarin jy sy gelykgeskapenheid dus ook bevraagteken het. Hy hoop egter dat hierdie vertrouensbreuk opgelos sal word en dat ons weer die harmonieuse gesindheid teenoor mekaar kan herstel tot die positiewe punt, en selfs beter as wat dit vroeër was.
Om egter die FCCA, 'n hoogs proffesionele liggaam, as 'n internet-skelmstreek te beskryf, is kan nie daar gelaat word nie. Om die FCCA se verifikasie en bevestiging van 'n kombinasie van Stof se Godgegewe gawes en kwalifikasies om sy proffesionele taak uit te voer, egter af te skryf as " Ag, daar is deesdae baie bedrog op internet...", is 'n wrede veralgemening sowel as 'n teken van onkunde oor proffesionele liggame se rol in die bevestiging van individue se proffessionele vlak. Die FCCA as internasionale verikasie en legitimasie liggaam dra die salwing van Vader sowel as die erkenning van verskeie staatdepartemente. Daardie aardse erkenning gee aan van sy lede, ook verdere aardse outoriteite om te gebruik in die uitvoering van hul evangeliese, filantropiese, maatskaplike en proffesionele take.
('n Kopie van die skakel na hierdie brief word dus ook aan die president van die FCCA gestuur vir ingeval hy dit nodig ag om 'n woordjie met jou te spreek.)
Doen dus moeite en maak 'n ruim tydjie beskikbaar dat hierdie gevaarlike uitlatings oor die FCCA bespreek en uitgeklaar kan word, moontlik met die president, Dr van Rensburg, ook teenwoordig.

'n Ander onvoltooide gesprek. Kort voor toemaaktyd naby die kafee, het Stof sy vreugde met jou gedeel oor gemeentelede wat op die kortlys is om huise by die Lady Selbourne ontwikkeling te ontvang. Jy het egter nie in die vreugde gedeel nie, en kon nie wag om die gesprek negatief om te draai nie. Jy het die geleentheid omgedraai om om jou vooroordeel oor die ontvangers op redelik ongure manier te laat blyk. Jy het laat blyk dat hulle kry plekke verniet en ons moes vir ons plekke werk. Jy het uit die hoogte vanuit jou betrokkenheid by die selfaangestelde "forum", geroem dat jy gereeld by Bambanani kom en eerstehands sien hoe sleg die mense sou wees en dat hulle net heeldag sou rondlê sonder om te werk en dus allerlei misdade pleeg. Jy het laat blyk dat jy nie dink hulle kan 'n huis instandhou nie, al kry hulle dit verniet. Jy het laat blyk dat jy voel om hierdie gelykgeskape mendemense, hier naby ons te vestig, 'n misdaadprobeleem gaan skep.

Laat ons dan nou hierdie onvoltooide gesprek rondom die huistoekennings ook voltooi. Op die punt van die feit dat hulle huise gratis ontvang: As dit is hoe Vader hulle wil seën, het nie ek of jy die outoriteit om op Godslasterlike wyse Sy uitstorting van guns oor hulle wat Hy wil seën, te kritiseer nie. Dan moet ons eerder Hom dank dat Hy vir ons geseën het met wat ookal elkeen van ons gebruik het om ons dakke oor ons kop te kry. Hy ken elke skepsel en voorsien op 'n unieke manier vir elkeen. Daarom mag ons nie Vader se oordeel in twyfel trek as Hy in Sy alwetendheid en almag besluit het om ván ons broers, op hierdie wyse te seën nie. Dan mag ons nie die feit dat ons geseën was met die gawe om te arbei vir wat ons vandag het, misbruik om hulle wat deur Hom waardig genoeg geag word om direk geseën te word, gebruik om 'n gelykgeskape boetie of sussie sy gawes te misgun nie. Loof Hom eerder vir die feit dat Hy jou met die gawe geseën het om op aarde te kon versamel wat jy het. En loof Hom verder dat Hy ook vir ander gelykgeskapenes, wil en sal voorsien op Sy unieke manier. Ons as mens, mag nooit Sy oordeel in twyfel trek nie.

Oor jou besoeke aan Bambanani en die afleidings wat jy maak oor die inwoners. Jy noem dat jy vanuit jou betrokkenheid by die selfaangestelde "forum", in 'n "gesagsposisie" gereeld by Bambanani kom en dus sekere waarnemings gemaak het. Jy noem dat hulle net heeldat sou "rondlê en niksdoen en misdaad bedink". Dan vra jou boetie Stof jou, hoekom is daar van die boeties en sussies wat net "rondlê". Het jy net die oppervlakkige simptoom gesien en daarvolgens 'n volle oordeel geformuleer? Het jy al ooit by die "leegleër" gaan sit, plat op jou blaker langs sy vuur en vooroordeelvry, met hom gesels. Het jy al geluister wat leef in sy hart? Het jy uit sy eie mond gehoor wat hom dalk so moeg en moedeloos maak, dat hy nie die psigiese krag het om sy dienste vir 'n bepaalde tyd selfs net as vryskut aan te bied nie? As jy dan na die hart van die spreker luister met 'n oor en gesindheid wat deel van die oplossing wil wees, dan sal jy dalk verstaan wat in 'n medemens se hart leef. Dan sal jy dalk deel van sy oplossing kan wees deur 'n konstruktiewe bydrae, op watter vlak Vader dit ookal aan jou openbaar, te maak tot die geheelgenesing en herstel van 'n medemens. Die medemens is waarskynlik juis in die depressiewe situasie omdat jare se oordeel en vooroordeel en veroordeling, hom laat moed verloor het en so begin glo het hy is maar, wat almal van hom probeer maak. Deur opreg deel te word van sy oplossing, 'n vriend te word wat onvoorwaardelik in 'n gelykgeskapene glo, is die beste medisyne vir enige gees wat moed verloor het. Om uit te reik vanuit jou bevoorregde posisie en 'n bedoelde hand aan te bied, sal jou medemens weer begin lig sien. Dit sal maak, dat hy weer sal kanssien om sy hande uit te steek en te begin werk, en beter nog, die werk werklik te geniet en trots daarop te wees. En dan sal jy met trots kan sê, jy was deel van sy oplossing, nie deel van sy probleem nie.
Maar as jy bly kies om deel van die probleem te wees, sal die medemens net verder kwyn. Dan sal die depressie net verdiep en die vermoë en wil om te werk, dienooreenkomstig bly kwyn. Dan sal hy aanhou "leeglê en misdaad bedink". As jy en jou trawante van die "forum" se besoeke net elke keer 'n klopjag en 'n geskree is, doen dit NIKS vir enige medemens se selfbeeld en dryfkrag nie. Dan is dit op die gewete van die "forum" en die individue daarbinne, as die gelykgeskapenes wat so geteiken word, net dieper in 'n depressie verval en nie daaruit kan kom nie. As hy dan maar misdaad as uitkoms sien, wie het hom inherent daartoe gedryf? As hy dan voel niemand vertrou hom om by hulle te werk nie, wie het gemaak dat hy die strewe om te werk opgegee het. En as hy op sy eie manier dan sommige van die wat hom so afgebreek het "terugkry", wie kan hom dan verkwalik en veroordeel?

Kies dus nou om eerder, soos dit 'n gelykgeskape medemens betaam, om jou hand uit te reik en opreg belang te stel. Kies om deel van die oplossing te word, en skielik sal jy geen meer rede vir jou doodspraak oor, en destruksie van jou medemens sien nie.

'n Ander saak wat ook onafgehandel is:
Selfaangestelde instansies wat inwoners viktimiseer het geen statutere outoriteit om 'n medemens wat snags tot laat werk, en te voet huis toe stap, te viktimiseer en op allerlei afkeurige en veroordelende die medemens se teenwoordigheid op straat te bevraag teken nie. Daardie medemens wat so geviktimiseer word, is heelwaarskynlik oppad terug van 'n taak wat Vader hom self opgelê het en daarom kon hy dit met dank gaan doen. Menslike owerhede wat op hierdie manier Koninkrykswerk wil dwarsboom, vergryp hulle aan tydelik gedelegeerde gesag. (Klik hier om 'n artikel oor hierdie saak te lees). Maar wat hier verder pla, dit is nie eers die owerhede nie, dit is die selfaangestelde "forums" wat hulself 'n klomp outoriteit toedig wat hul geensins toekom nie.

Stof neem ook die vrymoedigheid om jou voorliefde vir doodspraak aan te spreek. Dit gebeur so gereeld dat jou gesprekke 'n hoë vlak van negatiwiteit bevat. Dat jy oor die meeste van dié wat jy bespreek, negatiewe kommentaar het. Die tong het mag. Die spreker wat daardie tong gebruik, het die verantwoordelikheid om daardie tong te beheer. En meer nog, die spreker wat daardie tong se destruktief gebruik, het die verantwoordelikheid om verantwoording te gaan doen vir wat daardie tong gespreek het. Stof het lank gelede hieroor 'n artikel geskryf. Klik hier om hierdie artikel te lees en dalkies net meer te verstaan oor die tong se mag. Begin dan nou lewe spreek, en ervaar die vryheid wat dit ook oor jou lewe bring.

En as jou medemens met jou praat, luister met die doel om te luister en te verstaan. Om geluide te hoor, terwyl jy reeds in jou denke besig is om jou teenrespons uit te dink, is nie luister nie. Dit verydel die doel van die gesprek, maar meer nog, dit minag jou gespreksgenoot. Geen gespreksgenoot is dom genoeg, om hierdie patroon mis te kyk nie, en dan diep in sy hart, gedolk te word omdat hy op so 'n wrede wyse, deur 'n gelykgeskapene van dieselfde Vader, geminag word...

Soli Deo Gloria

© Stof 2013/11/22
.