stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Murray Naudé: skrywerker en draaier van formaat
Omgee op mikro vlak, maak heel op makro vlak
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Fanie Barnard is een van die steunpilare in Stof se lewe. Deur sy opregte en pretensielose menswees, druk hy 'n stempel van integriteit af, waar hy ookal gaan. Duidelik blyk dit toe verder, hy ken ook mense van karakter. As Fanie iemand aanbeveel, kan jy weet, jy sal sonder twyfel deur daardie persoon se blote teenwoordigheid en menswees verryk word.

So gebeur dit mos dat Stof se knaagdiertjies 'n behoefte aan saagsels ontwikkel. Die gewone bronne waar Stof gewoonlik saagsels kry, is buite aksie. So wend Stof hom tot Fanie met sy nood. Fanie laat dit nie daar nie en binne enkele dae laat weet hy, gaan maak 'n draai by Murray.

Murray Naude en Manie, die breine agter MLN Woodturning, blyk toe in dieselfde interiteitsvlak te wees as Fanie. Beide is uitgaande persone wat elkeen wat hul perseel betree, met 'n aansteeklike entoesiasme begroet. Hulle maskerlose aanvaarding van elke unieke individu, maak dat hulle dadelik vertroue inboesem.

Stof word deur hulle geseën met vier groot sakke vol saagsels. Dit behoort sommer weer 'n lang tyd te hou. Die aand nadat hy die knaagdiertjies se kwartiere toegerus het met die nuwe en sagte saagsels, kon jy sommer die opflikkering sien in die diertjies se gemoedvlakke.

Stof deel dus met graagte meer oor Murray en Manie. Murray en Manie bedryf 'n houtwerkwinkel, wat spesialiseer in presisie draaiwerk. Die enkele produkte wat Stof gesien het, getuig van 'n toewyding aan kwaliteit. Hulle werkwinkel is sinvol uitgelê en dit maak dat die produkte dus van besondere kwaliteit is.

Buiten hulle uitsonderlike menseverhoudings en eerlike respek vir elke gelykgeskapene, is die toewyding aan vakmanskap en die netheid van hul werkwinkel, alles faktore wat beïndruk.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Vandag kan Stof dus met gemoedsrus deel: Maak gebruik van hulle dienste. Jy sal nie maklik nog so 'n vlak van klanteverhoudings en vakmanskap op een werf kry nie.

Gesels met Murray Naude by 0128048614 of 0828215219, of stuur 'n faks aan hulle by 0128045112. Beoek hulle by Jasmynlaan 474, Silverton. Jy kan hulle ook epos by mulinau@global.co.za om navraag te doen oor hoe hulle 'n reuse verskil in jou lewe kan maak met hulle toegewyde- en omgeediens.

© Stof 2013/12/09
.