|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
|
Nedbank se intelektuele terrorisme
|
|
| | |
|
Agtergrond
Die kernrede vir hierdie plasing is die volgende
- Nedbank het op wederegtelike wyse 'n privaateposadres onderskep en dit misbruik vir hulle eie hebsugtige ideale.
- Na daar mooi gevra is om dit te staak, het hulle promosiespan aanvallend en beledigend geraak. Daarop gewys dat hulle enige manier van promosie mag gebruik en die slagoffers geen regte daar het nie. As dit is hoe 'n moontlike klant behandel word nog voordat hy besigheid begin doen, is dit 'n ope vraag hoe hy na die oopmaak van sy rekening hanteer gaan word.
- Reno Klassen se reaksie op hierdie korrespondensie dui verder daarop dat Nedbank privaatinligting op ondergrondse maniere probeer bekom. Hy vra so, asof dit doodnormaal is, dat die slagoffer nou sommer ook sy identiteitsnommer aan nedbank verskaf. Waarvoor? Vir watter verdere bedrog en viktimisering?
Lees hierdie korrespondensie soos wat epos korrespondensie gewoonlik gelees word, naamlik van onder af na bo. En as jy daarna tragedie, komedie, satire, sadisme of viktimisasie hierin sien, is jy waarskynlik reg.
_____________________________________
From: Klassen, R. (Reno) [mailto:RenoK@Nedbank.co.za]
Sent: 12 Oktober 2011 04:43 nm
To: ******@*****.co.za
Cc: Bates, G. (Gayle) [GayleB@Nedbank.co.za]
Subject: Stof Stof: Nedbank - Complaint on Hellopeter - from Stof
Good day,
We would like to acknowledge you’re posting on "Hello Peter" and require you to contact me please, in order to discuss further, as I have left a message on your cell voicemail. Kindly note that I would require your I.D number please, in order to advise our marketing division to stop sending any form of spam mail. Your urgent response will be greatly appreciated.
Yours sincerely,
Reno Klassen| Executive Services Support | Client Services | Nedbank Group Ltd | Nedbank Head Office, 135 Rivonia Road, Sandown, Johannesburg, 2196
( Office: +27 (0) 11 295 5660 | Ê Fax: +27 (0) 11 294 5660 |* E-mail: renok@nedbank.co.za
_____________________
|
|
Die Hellopeter berig:
Nou onlangs is berig dat die stuur van pespos vervolg kan word. Nedbank is egter verhewe bo hierdie reeling. Nedbank se promosiespan stuur toe mos vir my epos na 'n adres wat privaar is. Wat nie eers aan die bank wat ek met my paar pennies vertrou, bekend is nie. Op versoek dat hulle asseblief hulle stoutighede moet laat vaar, kry ek 'n aanvallende antwoord waarin Nedbank dit as hulle REG stel om enige adresse wat op enige manier verkry is, vir hulle pespos te gebruik. En ek word terreggewys omdat ek nie belangstel om verder duer hulle gepes te word nie. Nedbank het, volgens my kennis, geen hogere outoriteit wat hulle die reg gee om ander te pes met ongewensde en arogante eposse nie.
Hieronder is 'n skakel na die facebook berig oor die insident. Ek hoor graag waarom dit verkeerd is as ek net bietjie privaatheid ook soek.
[URL Removed] (hoekom, kry iemand dalk skaam?)
- - - - - -
Hello Stof,
We would like to acknowledge you're posting on "Hello Peter" and require you to contact me please, in order to discuss further. Please note that I have left a message on your cell voicemail. Your urgent response will be highly appreciated.
Kind Regards,
Reno Klassen
Executive Service Support
_____________________
Die oorspronklike korrespondensie
From: Nedbank Promotions
Sent: 10 Oktober 2011 21:56
To: Stof
Subject: RE: Nedbank - Services that exell
Sir
Your unwanted commentary on our marketing strategy is not appreciated. We also take offence to the fact that the well designed promotion material our qualified team prepared, is being called shit by you. This is an insult to our qualified promotion team, who is professional people. They are educated people, unlike you who barely completed your school career.
We have the RIGHT to use any adress that is beinig supplied by the agencies. We bought that adress lists from them at an market related price and WILL be using it. By complaining about our email just becuase you cannot recognise a reputable institution, is no reason to keep our professional team out of their work. It is you and your type that gives this country a bad name.
Therefor you must stop pestering us with worthless email like this that is aimed at discrediting a professionals team's productive efforts to promote exelent banking services.
Nedbank National Marketing Team
-----Original Message-----
From: Stof
Sent: 10 Oktober 2011 16:01
To: Nedbank Promotions
Subject: RE: Nedbank - Services that exell
Wat my opval, is dat julle hierdie epos gestuur het aan my persoonlike adres wat nie enige plek op die internet as 'n kontak gelys is nie. Dit is slegs bekend aan mense aan wie ek dit self verskaf het. Dit is nie eers bekend aan die bank wat ek wel waardig ag om my paar pennies te stoor nie. Dit is rede nommer een waarom ek glad nie hierdie bollie waarmee jul my posbus so besmeer, waardeer nie. Die tweede rede waarom hierdie epos my nie behaag nie, is omdat die eposadres van die versender nêrens genoem word nie. As julle ouens dan so trots op jul diens is, sal julle seker nie skaam wees vir jul identiteit nie.
Maak dus 'n punt daarvan om al my adresse te verloor. Ek het dit nie aan julle voorsien nie en stel ook nie belang om enige besigheid met julle te doen nie.
Dit is nie mooi om 'n gelykgeskape medemens met pespos te treiter nie.
Seënwense
Stof
-----Original Message-----
From: Nedbank Promotions
Sent: 08 Oktober 2011 03:42 am
To: Undisclosed recepiant
Subject: RE: Nedbank - Services that exell
At Nedbank we aim to be at everyone's service. Your welbeing is important to us and therefor we offer you the oppertunity of a lifetime. You are pre approved for a Nedbank credit card with a credit limit or R25000 and budget facitities at only 14.75%. Please visit our website by clicking here and the rest of the approval wil be done online. Guaranteed. Within two days we will deliver your newe Nedbank credit card at your doorstep.
Regards
The Nedbank Team.
.
|