stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Horende dowe onderwyseresse
Om net te hoor, dit wat jou pas...
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Om te hoor, is een ding. Om te luister, is iets heeltemal anders. Maar om dit wat gehoor en geluister is, sowel as die spreker daarvan, genoeg te respekteer om dit in aksie te stel, is iets wat soms maar moeilik is...

Opvoeders, soos wat ons hulle in die diensbedelingskategorieë by Nasionale Opvoeding genoem het. Hulle wat 'n roeping het om 'n verskil in kinders se lewe te maak... Edel taak... Minder edel egter, is die feit dat sommige van hierdie toewyde mense, hul ander medeskepsels ignoreer en minag. Dat hulle nie 'n gelykgeskape medemens genoeg ag om te luiter wat die boodskap is nie. Dat hulle 'n boodskap interpreteer net soos dit hulle pas, en dan aanvaar dat die hele wêreld hulle verdraaing van die kommunikasie as 'n gegewe aanvaar.

'n Wyle gelede het Stof 'n getuienisgeleentheid gelei. 'n Geleentheid waar mense mekaar verryk en bemoedig met getuienisse, mekaar ondersteun met gebed. 'n Geleentheid waar gedeel word, bely word, en geloof word.

Vroeër die dag, vra 'n Jodene, 'n kind van 'n kollega, vir Stof om haar by 'n optrede te gaan haal met haar ma se voertuig, effe later die aand. Aangesien Stof op die vorige geleentheid waartydens hierdie vertoning aangebied is, ook die voorreg had, stem hy in. Hy vra of die tyd dieselfde is as die vorige geleentheid , waarop die antwoord bevestigend is. Ds onderneem Stof om, sodra die bedieningsgeleentheid net voor 21:00 klaarmaak, haar te kom oplaai. Sy stem in en die saak is afgehandel.

Ongeveer 20:45 begin die bedieningsgeleentheid opbreek, en Stof gaan weer op die lug met sy foon. En daar, is sowaar boodskappe van 'n Kwaaitjie Kabouter wat hom verwyt oor allerlei dinge. Hy word die allerpragtigste komplimente toevoeg... Stof het lanklaas so gekomplimenteer gevoel... Die boodskap, wat na 'n bietjie intelektuele gimnastiek blyk, maar verskuil agter die omvangryke komplimente, is dat die optrede klaar is en Jodene gereed is om opgelaai te word.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Dit is egter waar die suksesvolle kommunikasie ten einde kom. Die Onderwyseres, Elmarie, verwyt Stof omdat hy nie vroeër beskikbaar sou wees nie. Wetende dat sy boodskap saam met Jodene aan haar was dat 21:00 reg is. Dat Jodene enige tyd vanaf 20:45 kan skakel as hulle vroeër klaar is. Maar Jodene is mos net 'n kind volgens haar. 'n Onderwyseres hoef mos nie na haar volledige boodskap te luister nie, veral nie as 'n kind dit oordra nie. Heel kontradiktief vir 'n onnie...

Nadat Stof vertrek het, is daar nog 'n paar knoroproepe. Later vra Elmarie haar spiertier van 'n man om oor die foon te knor. Wat beide Elmarie en spiertier buite rekening laat, is dat 'n pad uit 'n bepaalde afstand teervlak bestaan in 'n stedelike scenario. Dat die tyd van aankoms, noodwendig gaan verskil van die tyd van vertrek. Dat verantwoordelike padgebruik ook insluit, om ander verkeer die voorrang te gee wat hulle toekom, verkeersbeheermaatreëls te respekteer en dikwels spoed afwaarts aan te pas ter wille van padveiligheid. Of so het Stof gedink...

Enkele sekondes voordat Stof en Gawie, wat hom vergesel het, by die skool se hek ariveer, knorbel sy weer en seg mos dat sy maar vir Jodene huis toe geneem het en dat sy dink Stof moet maar daarheen kom. Siende dat dit nie die ooreenkoms is nie, en dat sy reeds tot op hede, die ooreenkoms 'n paar keer gebuig en vedraai het, is Stof onseker of dit 'n wyse ding is. Inaggenome dat Stof met 'n voertuig ry wat nie sy eie is nie, is dit ook nie verantwoordelik om om meer myle te ry, meer brandstof te gebruik op 'n ander se sak, as wat ooreengekom is nie. Dit sou mos nie baie mooi wees nie. Hierdie besluit om net daar by die skool se hek te bly wag, blyk toe wel die korrekte besluit te wees.

'n Paar oomblikke later is Kwaaitjie Kabouter en haar spiertier toe wel daar. Toe Stof en Gawie beide daar is om Jodene te ontvang, is daar egter 'n maskergemoedelikheid, 'n feinsvriendelikheid. Ja, wel 'n bedekte skimp of twee, maar Stof hou hom maar doof vir die skimpe. Stof, Gawie en Jodene vertrek toe maar terug na die hoewes.

Hierdie stukkie waarneming wys 'n paar sosiale foute uit in 'n beskawing wat deur sommige so onfeilbaar geäg word. Dinge wat maak dat die essensie van die lewe, in elke dimensie gereduseer word tot 'n materieële proses sonder enige ware dimensie.
Die wil om te luister: As iemand kommunikeer, doen hy dit met 'n doel. Die idee is dat die inhoud van die kommunikasie die hoorder bereik en dat dit 'n denkproses inisieër wat tot logiese gevolge daarop lei. Ongeag die hoorder se sosiale siening van die spreker, bly die inhoudelike van die kommunikasie belangrik en is dit noodsaaklik vir die vlot van prosesse, dat daarvolgens gehandel word. In die situasie hierbo, wys dit duidelik hoedat hierdie sosiaal afwykende benadering, harmonie tussen Pa se skepsels bedreig.
Die voorrang van Evangelisasie: Voordat Stof ingestem het tot die versoek soos deur Jodene gerig, was die ooreenkoms dat die tyd dieselfde sou wees soos tydens die vorige optrede. Onderhewig daaraan, het Stof toegestem. Wetende, dat die bediening nie sal skade ly nie, het hy ingestem om, sodra die kern van die bediening afgehandel is, wel op die lug te gaan en gereed te wees om Jodene se oproep te ontvang, sou sy 'n fraksie vroeër klaar wees. Soos enige verantwoordelike evangelis weet, is 'n selfoon van die lug af tydens bediening. Niks mag toegelaat word om te onderbreek nie. So ook, respekteer Stof hierdie reëling. Daarom sou sy kommunikasietoestel se klokkie nie gelui het as die oproep voor 'n bepaalde tyd gekom het nie, en hy sou dus ook nie beus wees van die oproep nie. Die enigste oproepe wat wel toegelaat was en slegs per triltoon, was van 'n enkele voorafgekose nommer af. Dit blyk dat dié betrokke lyn, nie gebruik is om die oproep mee te maak toe die skool se reëlings onafgespreek, te vroeg klaargemaak het nie. Die kern van hierdie paragraaf is dit: As 'n Bediening in proses is, mag menslike reëlings dit nie onderbreek nie, mag die mens, as blote skepsel, nie Pa se werk onderbreek nie. En as daar 'n verwagting is van 'n takie wat daarop volg, dan bly daardie takie, slegs sekondêr solank dit binne die afgesonderde bedieningstyd sou benodig word.
Konklusie: As 'n versoek gerig word, oorweeg Stof dit met graagte. As, soos in hierdie geval, iets daardie versoek voorafgaan, veral as dit 'n bedieningsgeleentheid is, sal dié wat bydie vorige versoek betrokke is, nie afgeskeep word ten koste van die tweede versoek nie, want hulle is net so geregtig op dit, waarvoor hulle saamgekom het. As die wat by die tweede versoek betrokke is, wetende die eerste is nog in proses, vroeër aandag vereis, hulle die nodige respek vir die by die samekoms sal toon en daarooreenkomstig handel. En bo alles, as 'n boodskap op duidelike wyse gestuur word, luister daarna, hoor dit, en moenie dit verdraai ter wille van eie gewin nie. So, sal ons harmonie in 'n sosiale stelsel wat bloot mensgemaak is, kan nastreef.

'n Naskrif aan die spiertier: Al is Stof omvangryk van figuur, is hy 'n wedergebore mens. Hy sal jou nooit enige fisieke skade aanrig nie. Om so versigtig, so stert tussen die bene op te tree toe jy hom in lewende lywe ontmoet, was regtig nie nodig nie. Jou welstand was geensins bedreig nie... Hierdie omvangryke koddige figuurtjie, respekteer elke gelykgeskape mens genoeg, dat hy dit nie nodig ag om soos 'n primaat op te tree nie.

© Stof 2010/09/29
.