|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
|
Die nuwe lig op die musiekhorison
|
|
| | |
|
Op Donderdag 13 November het die groep DOR hul nuwe album, Dis jy, bekendgestel by 'n smaakvolle funksie by die Batter Boys. Onseker oor presies wat om te verwag het die gaste bly gis oor wat hulle te wagte kan wees. Asof hulle dit kon aanvoel, het die drie sterre van DOR begin met die snit snit "Kyk hoe lyk ons nou!". Hulle het verseker goed gelyk. Met 'n verskeidenheid eie komposisies, ander topskrywers se lirieke en bekende hartbreektreffers het hulle duidelik gewys dat hulle hul talent ten volle benut. Al sou die versoeking groot wees om al die applous vir hulself te neem, het hulle dit duidelik gestel dat hul teenoor God 'n groot dankbaarheid het oor hul talent. Hul bestuurder, Peter Simpson, is ook deeglik erken in die dankbetuigings.
Van die treffers wat op die nuwe laserplaat voorkom, is bekende snitte soos Kaapse draai deur Steve Hofmeyer, Liedjie vir jou van Jannie du Toit en 'n unieke Christa Steyn keurspel. Van hulle eie komposisies op die produksie is onder andere Gebed, Dankie vir jou en Dis Jy.
Die tegniese versorging is uitsonderlik. Dit is duidelik dat daar meestervingers op die mengbank was. Ceazar de Almeida, die onbetwiste meester van klankingenieurs was verantwoordelik vir die passievolle tegniese versorging van hierdie produksie.
DOR bestaan uit Damian, Oane en Richard. Hierdie drie manne se talent gee aan loslit Afrikaans nuwe definisie. Hulle beindruk dadelik met hul entoesiastiese vertolking van eie asook ander se beste komposisies. Die vertolkings is opgewek, dog uitstekend gedefinieerd. Die samesmelting, maar ook die diversiteit van hul stemme het die gehoor op die punte van hul stoele gehad. Dit is duidelik dat hulle spontaan saamwerk en 'n gedugte span vorm. Afrikaans kan jou voete laat juk - danksy DOR.
|
|
Die aanbiedingstyl is sodanig dat hulle groot aanhang onder alle ouderdomsgroepe behoort te geniet.
Damian, Oane en Richard is gemaklike mense om mee oor die weg te kom. Tydens skakeling met hul gaste dra hulle 'n beeld oor van spontaniteit. Die waan van hoogmoed wat dikwels ander kunstenaars omring, ontbreek heeltemal by hulle. Dié eienskap gaan nog maak dat hulle baie gewild word. In vandag se kunstenaarsbedryf is daar beslis nie meer plek vir hoogmoed en afguns nie. Ek is seker dat hierdie eienskappe nie deel van DOR se mondering is nie.
Vooraanstaandes in die musiekwereld wat by die geleentheid teenwoordig was, het ook hulle ondersteuning aangebied. Dit, tesame met DOR se besondere talent en kommunikasievaardighede, maak vir hulle 'n blink toekoms oop. My boodskap aan die ander bekende mannegroepe wat tans die mark aan die gons het is eenvoudig: "Pas op manne, hier kom DOR!"
DOR is 'n absolute moet vir jou volgende funksie waar jy gaskunstenaars van formaat sou verlang.
DOR kan bespreek word deur Peter Simpson te skakel by 0825977474.
.
|