stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Gaan vang vis saam met Buddy Vaughn
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Visvang, hengel, lyn natmaak en verskeie ander terme is al gebruik om te omskryf wat gebeur as ‘n man sy visstok oplaai en viswater toe verdwyn. Dit impliseer natuurlik nie dat daar noodwendig vis gevang gaan word nie, maar viswaters is tradisioneel vir ‘n groot deel van die gemeenskap ‘n tipe terapie. Deur ‘n visstok vas te hou, of dan minstens net in die omgewing te wees van ander wat jou passie deel, bring meer ontspanning en stresverlies as wat menige psigiater ooit sou kon regkry met geykte metodes.

Buddy Vaughn het hierdie konsep op meesterlike wyse vasgelê. Deur oorspronklike musiek wat ons plaaslike visvang-scenario netjies vasvat, vul hy die gaping in die mark wat min ander kunstenaars nog suksesvol kon betree. Omdat Buddy self ‘n visserman in hart en siel is, verstaan hy waaroor die ontspannings-konsep van die viswaters gaan. Sy musiek weerspieël elke aspek van hierdie, dikwels geslote, kultuur wat deur baie misverstaan en geminag word. Buddy bring jou ‘n nuwe insig, ‘n tipe begrip vir die diepste wese van ‘n visserman.

Deur etlike dekades se ondervinding in die vermaaklikheidsbedryf het Buddy ‘n fyn aanvoeling vir sy gehoor ontwikkel en slaag hy met elke optrede daarin om sy program aan te pas by die reaksie van sy gehoor. Dit skep ‘n unieke kameraadskap, wat maak dat Buddy na ‘n optrede vir sy gehoor soos ‘n jare lange familielid voel. Sy sukses word weerspieël deur die verkope van sy vier laserplate wat almal besonder suksesvol is.

Buddy is al gekritiseer dat hy oppervlakkig is, dat sy humor platvloers is en dat hy sy gehoor sou aanstoot gee. Die oomblik as daar egter dieper gekyk word na sy musiek, is dit duidelik dat hy juis ‘n besondere begrip het vir die stres waardeur die meeste mense vandag getreiter word. Deur die onspanningsaspek van visvang op ‘n spontane wyse aan te bied, slaag Buddy daarin om mense weer van hulle maskers te leer ontsnap en so op ‘n natuurlike manier ‘n komende hartaanval te voorkom.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Buddy se jongste laserplaat genaamd Visvangtyd – Alweer is nou beskikbaar. Dit bevat ‘n wye verskeidenheid oorspronklike liedjies wat hy en sy regterhand in die bedryf, Chantelle de Jager, net vir jou geskryf het. Chantelle is ook die persoon wat sorg dat die tegniese versorging van sy vertonings puik is deur die klankaspek besonder gevoelvol te hanteer. Hierdie laserplaat is net die ding om rondom ‘n braaivleisvuur te geniet terwyl die manne spog oor hulle groot vangste by die viswaters. Daar is ook ses begeleiding-snitte op die album spesiaal vir die karioke geleenthede.

Buddy is beskikbaar vir enige tipe funksie of kuiergeleentheid. Hy slaag daarin om informele en formele funksies kleur te gee. Buddy is ook ‘n ervare sermoniemeester en staan ook gereed om ‘n unieke komedie aan te bied as jy weer wil leer lag.

Buddy is veral bekend vir sy vertolking van sy liedjie Hartebeespoortdam. Van die treffers op die nuwe album is Dis ‘n Woemba, Visse te koop, St Lucia en Visvang tyd alweer. Hierdie album is ‘n moet op jou rak as jou hart by die viswaters is.

Vir enige navrae, besprekings en bestellings vir die laserplaat, skakel vir Buddy by 0836760854 en ervaar visvang-terapie op sy beste. As jy na jou visvang terapie die dan ook lus is vir ‘n country vertoning uit die boonste rakke, maak seker jy bespreek ook sy suster, Sally Vaughn, ook bekend as “Mama Country”, vir ‘n country belewenis wat jy lank sal onthou.

© Stof 2004/08/19
.