stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Piet Smit getuig deur sang en vertelling
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Piet Smit het die Evangelie geneem, dit as 'n hand vol goud kom voorstel, en daardeur die aandag getrek van hulle wat dalk nie op die tradisionele manier ontvanklik vir die Evangelie sou wees nie. Hy gebruik sy talente slim en versigtig, en weef dit subtiel saam tot 'n treffende getuinis van mense wat vanuit hulle menslike bestaan, gekies om oor duisende jare heen, deel te word van God se heilsgeskiedenis. Deur 'n program van effe meer as 'n uur en 'n half, som hy die Bybelgeskiedenis vanaf Genesis tot Openbaring op deur die deurlopende goue draad van verlossing en bevryding uit te wys. Die aanbieding bevat elemente ook elemente van humor, goedige terg en tweerigting kommunikasie. Hy inkorporeer sy tradisionele musiektreffers met 'n passievolle vertelling wat getuig daarvan dat elke woord bedoel word. Piet kry dit reg om binne minute die gehoor se aandag te trek en te hou. Hy wen ook hul vertroue deur sy eerlike beeld en gemaklike kommunikasiestyl.

Dis egter jammer dat Piet se formele voorkoms, hulle wat seergekry het binne die formele kerk, kan afskrik. Sy formele voorkoms skep tot 'n mate 'n buffer tussen hom en die in die gehoor wat deur die formele kerke verwerp is deurdat dit sterk herhinder aan die tradisionele Sondagoggenddiens uitrusting. As daar egter verby dié buffer gekyk word, is dit duidelik dat hy egter nie bedoel om die evangelie eksklusief te maak nie en 'n buffer tussen hom en die gehoor te skep nie. Dalk sou bietjie nadenke oor die verhoogkostuum wel op lang termyn lonend wees.

Piet Smit het daarin geslaag om op 'n weeksaand in koue weer, 'n byna vol ouditorium te trek deur Evangelie op so 'n wyse aan te bied dat dit ook artistiek strelend is. En ek glo ook dat hy dit weer sal regkry.

© Stof 2003/04/07

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.