stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

CC Studios se huiskonsert
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

René van der Walt is die sangmeester aan die stuur van CC Studios se Doornpoort Studio. Sy was die brein agter 'n uiters geslaagde huiskonsert wat in die saal van Laerskool Wonderboom-Suid aangebied is. En suksesvol moes dit wees, want René bely openlik dat sy op God-drie enig vertrou vir haar sukses. En met so 'n belydenis as grondwet, sal haar produksies mos net suksesvol en geseënd wees. Besoek gerus Chris Coetzer en René se webwerwe vir meer inligting oor hierdie besondere projek wat hulle bedryf. Deel hieronder in die vreugde van ons wat die voorreg had om daar te kon wees, eerstehands kon beleef...

René het geskitter as aanbieder. Sy het daarin geslaag om oor elke leerling, iets persoonliks te kon deel wat bygedra het tot die gemoedelike atmosfeer van die aand. Danksy Suretha Vorster se reëlings en leiding op die gebied van die decor en al die sloertakies wat daarmee gepaard gaan, was daar 'n kreatiewe atmosfeer wat aansteeklik was vir die meeste gaste.

Die musikale program het afgeskop met Andrea Esterhuyse. Haar natuurlike ritme het haar stem wat baie potensiaal het, gekomplimenteer tot 'n eenheid wat die gaste net moes laat luister na haar musiek.

Jeané Coetzer het eers 'n kort rukkie voor die aanvang van die aand verneem dat sy wel deelneem. Sy het dus nie die voordeel gehad dat sy ekstra kon oefen nie. Te midde daarvan, sowel as eksterne tegniese flaters wat haar volle potensiaal onderdruk het, het sy steeds geblom. Sy het my laat dink aan dinamiet. Te midde van dikwels minder ideale omstandigdhede, sorg dit altyd vir 'n skouspel. Jeané het die verhoog laat lewe met haar persoonlikheid. Haar talent het elke luisteraar op die punte van hul stoele gehad. Haar vaardigheid om die tegniese probleme rondom haar tydgleuf met grasie te hanteer, het ook besonder beïndruk. Jeané het bewys dat sy gebore is om suksesvol in die musiekbedryf te wees. Oor 'n jaar of selfs minder van nou af, mag sy dalk net 'n paar van ons A-lyn kunstenaars onttroon...

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Dit was so jammer dat Su-Mari Vorster nie kon deelneem nie, want haar talent sou bygedra het tot nog 'n groter sukses van die aand. Ons vertrou dat sy met die volgende geleentheid reeds herstel het van die nare gogga wat haar teruggehou het. Sy was egter pens en pootjies betrokke by binneversiering en die vloerplan van die saal en daarin kan ek nie anders as om haar 'n reuse kompliment daarvoor te gee nie.

Charnel Schultz skep 'n nostalgiese verwagting. Haar intreetoneel is waar sy in 'n denkende posisie sit. Dan begin die musiek. Deur subtiele en perfek passende beweging versterk sy die atmosfeer van die werke wat sy sing. Haar beweging is nie uitermate nie, tog slim gekies en presies wat nodig is om die volle trefkrag van haar gekose lied te beklemtoon. Wat van haar beïndruk het, is dat sy anders as baie ander deelnemers, 'n nostalgiese lied gebruik het as intro. Dit getuig van goeie selfvertroue. Met haar tweede lied het sy gewys sy kan wel ook kontemporer wees.

Loren Dewey het met Pateo begin. Aanvanklik het tegniese haakpunte haar effe ontsenu, maar sy het almal beïndruk toe sy dit oorkom het en gewys het wat werklik in haar steek. Haar oogkontak met die gehoor het my beïndruk. Sy het daarmee seker gemaak dat elkeen wat luister voel of die lied spesiaal vir hulle gesing word.

Moné Dewey het suksesvol met die gehoor gefankeer terwyl sy sing. Dis min jong sangers wat hierdie tegniek so goed geballanseerd kan toepas. Sy het van subtiele mikrofoontegnieke gebruik gemaak om tegniese tekortkominge te oorkom. Die gebruik van hierdie tegnieke het gewys dat sy onder moeilike omstandigdhede steeds 'n treffer kan wees en haar nie sommer laat onderkry nie.

Edine van Heerden se stem voer dadelik jou gedagtes weg na 'n nostalgiese bestemming. Deur met emosie in haar stem te speel, bring sy die dieper dimensie van die musiek wat sy interpreteer, suksesvol na vore. Edine se mikrofoontegniek het sekere nuanses van die musiek ingebring wat dikwels verlore sou gaan. Te midde van haar effektiewe mikrofoontegniek, het sy steeds daarin geslaag om haar gesig visueel oop te hou en so kontak te kon maak met die gehoor. Edine se totale pakket op die verhoog werk regtig!

Mariska Wannenburg se jong, tog selfversekerde stem het 'n nootvaste weergawe van Kaapse Draai na die verhoog gebring. Haar stem het die potensiaal om deur 'n wye spektrum, goed te kan ontwikkel. Sy toon nou reeds die selfvertroue wat so nodig is in 'n kompeterende bedryf.

Marie Liebenberg het die verhoog geopen in duet met haar suster. Wat hierdie duet treffend gemaak het, was die gesprekstrant daarvan. Dit het treffende elemente van n tweerigting gesprek te midde van die musiek gehad. I had a dream het lanklaas so nommerpas afgegaan by 'n gehoor. Haar tweede lied het sy as solis gedoen. Sy plaas die gepaste emosie in die musiek wat maak dat die liriek skielik weer betekenis kry. Wat opgeval het, is hoedat sy die hoë note elke keer eerste keer raakgevat het.

Hendrika van Schalkwyk het een van Sarah van der Merwe se komposisies, Die nag is stil, geïnterpreteer. Wat haar anders as al die ander deelnemers gemaak het is dat sy van lewendige begeleiding gebruik gemaak het. René het steeds geskitter in die begeleiding te midde daarvan dat die klavier op 'n akoesties ongemaklike plek geplaas was.

Jacques Labotsky, 'n man wat nie graag sy eie beuel blaas nie. Tog, as hy die verhoog betree is daar reeds 'n teenwoordigheid wat niemand kan ignoreer nie. Die gehoor kan nie anders as om ten volle te fokus op sy musiek nie. Sy verhoogpersoonlikheid, sy innemende en voelbare teenwoordigheid, tegniese perfeksie sowel as emosie is 'n kombinasie wat min vantevore in een sanger gelyk gesien is. Hou vir Jaques dop, hy gaan beslis weer gesien word...

Johann Visser sê toe mos aan tafel hy hoop die gaste vergewe hom vir sy poging. Dat hy hoop dit wat hy doen is darem luisterbaar. Waarop ons mos toe skerts dat dit hopelik in Afrikaans en nie in Nederlands bedoel is nie... Die oomblik toe hy die planke tref, was dit duidelik dat dit maar net sy nederigheid is wat gepraat het. Hy waag wat ander nie eers aan dink nie. Met 'n lied soos Some exalted evening wat menige slaggate bied, slaag hy met vlieënde vaendels. Deur die moeiliker stukke te kies skep hy vir homself uitdagings wat hy wel deeglik bemeester. Johan het reeds mikrofoontegniek onder die knie en dit kom duidelik na vore waar hy homself daardeur handhaaf tydens tegniese struikelblokke buite sy beheer. Johan maak oogkontak. Hoe kan dit dan anders as dat sy stem en verhoogpersoonlikheid die gaste heeltemal opslurp terwyl hy hulle in die oë kyk en sy kragtige en suiwer stem jou sinne vul? Deur goed gekose beweging word hierdie belewenis tot 'n verdere vlak gevoer en uiteidelik kon die gaste nie anders as om 'n staande applous vir hom te gee nie.

Derk het op die verhoog geklim. Sy houding sê: Hier is ek en wat gaan jy daaromtrent doen. En toe val hy weg. Hy weet wat hy wil hê. Hy geniet sy musiek op energieke wyse. Hy doen niks halfhartig nie. Met sy tweede lied het hy ook gewys hy is nie bang vir Kabaret nie. Met talent soos Derk, Johann, Jaqcues en Jeané is ek seker ons gaan binnekort 'n paar internasionale sterre oplewer...

Walro Pienaar kom en lewer 'n tegnies perfekte vertoning. Hy slaag daarin om emosie oor te dra en sy luisteraars se aandag te hou.

Beyers klim toe mos op die verhoog. En hy loof die Here self vir die talent wat hy ontvang het. As 'n man dan so openlik dankbaar teenoor sy Skepper is vir sy talent, dan sal hy mos seëninge ontvang. Met die snit Lief vir alles hier toon hy dat hy briljant is, al is sy woorde nederig. Ons hoop om nog baie van hom te sien.

Charl het Lisa se klavier geneem. Hy het dit geherdefinieër. Sy vertolking daarvan is so treffend dat 'n paar traantjies onder die ghoor heel gepas was. Deur tussen die mense te beweeg, en so nader aan hulle te kom, het hy reeds baie steun gewen. Daarna doen hy wat Johann Visser so goed gedoen het, en neem 'n moeilike stuk. Met Fidler on the roof se Rich Man, klink die lied heeltemal nuut. Sy dramatisering is goed, sy kontak met die gehoor deurlopend. En dit kan dalk net sy sleutel tot groter sukses wees.

Martin het Freddie Nest se lied, Getoor, verhoog toe geneem. En dadelik het dit anders geklink as wat jy dit ken. Hy het ook Close every door uit "Joseph" geneem en daardeur bewys dat hy veesydigheid as leuse handhaaf. Die applous het alles verder vertel...

Gert Grobler het elke kunstenaar deeglik op foto vasgelê. Hy het daarin geslaag om deurlopend foto's te neem sonder dat sy beweging die gaste gesteur het. Min fotograwe kan dit regkry. Ek brand nogal om van hierdie foto's onder oë te kry. Gesels gerus met hom by gertfoto@gmail.com as jy jou volgende projek professioneel en smaakvol vasgelê wil hê.

Aan Koos en sy span onderwysers: Julle worsbroodjies en koeldranke het baie honger en dorstige gaatjies gevul. Dankie aan julle vir die opffering om hierdie gewaardeerde diens te kon lewer.

Aan Su-Marie, ons het jou werk deeglik raakgesien. Die goed geplaasde liggies en die groot hulp met die binneversiering het werklik 'n verskil gemaak in elkeen van ons se belewenis van hierdie besondere aand. Sonder Suretha en jou sou ons beslis nie so lekker kon kuier nie.

Ek glo elkeen wat daar was sien uit na die volgende geleentheid. Aan Chris en René, dankie vir julle opofferings om mense weer opnuut lief te maak vir musiek. Ek glo elkeen wat lief is vir musiek, waadeer julle opreg.

© Stof 2008/07/19
.