|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
|
ELSaBé het haar eerste musikale klanke in Hartbeespoort gemaak toe sy in 1988 met 'n groot geskree haarself aan die węreld bekend gestel het. Vandag doen sy dit net in 'n ander soort teater - die musiekteater. As jongste van drie susters moes sy deurentyd seker maak dat sy gehoor word en so het sy genoeg geleentheid gehad om haar stem te ontwikkel. In 2003 het die verhooggogga ELSaBé behoorlik beetgekry. Daarna het ELSaBé in 2005 en 2006 deelgeneem aan die Idols kompetisie. So gebeur dit dat sy met haar Supersterre-inskrywing in 2006 die top twaalf haal. Daar het sy haar talent verfyn deurdat Danny K haar musiek en optreevaardighede onder hande geneem het.
In 2007 word sy deel van die top nege in Supersterre. Daar het ELSaBé weer die voorreg dat Jannie Moolman haar die fyner truuks van die musiekwęreld leer. ELSaBé is ook sopas deur BayFM, 'n streeksradiostasie in die Oos Kaap, benoem vir die Spiraal toekenning. ELSaBé is vasbeslote: Sing gaan sy sing. Sy is gebore daarvoor en niks gaan haar keer nie. En ons as luisteraars is in die bevoorregde posisie dat ons na haar mag luister. Toe ek vir ELSaBé vra wat haar ideale is, het sy die volgende wyse woorde kwytgeraak: "Ek wil vir Suid-Afrika iets gee wat hulle nog nie hier gehoor of gesien het nie. My sang gee my vlerke om te styg."
ELSaBé is buiten sang ook lief vir fotografie. Sy neem graag natuur en kinder-foto's.
Om na ELSaBé se demo te luister is 'n voorreg. Die snitte is slim gekies sodat elke snit 'n ander dimensie van haar veelsydigheid na vore bring.
Die lied "Somer", wat Stef Kruger vir ELSaBé geskryf het, begin met so 'n mooi pleidooi vir 'n geliefde. Die geleidelike afsterf van die laaste noot van dié frase, dra by tot die definise van die emosie daarin. Daarmee het sy reeds haar luisteraar in die sak. Per geleentheid vat sy 'n reeks verrassend-hoë note vas met 'n akuraatheid wat baie ander haar net sal beny. Stef het ELSaBé se talent hier baie goed opgesom hier, want hierdie komposisie is duidelik nommerpas vir haar geskryf.
|
|
Baby Baby Baby, 'n lied geskryf deur André M, is 'n lekkerluister romantiese lied wat jou aangenaam verras met 'n intelegente liriek. Daar is 'n weldeurdagte storielyn tussen die lyne wat beslis nie net nog 'n verskoning vir ritme is nie. Die feit dat ELSaBé nie bloot 'n tegniese interpetasie lewer nie, maar deur fyn stemspel roerende emosie daarin plaas, maak dat hierdie snit 'n eerlikheid uitstraal wat geloofwaardig is. ELSaBé verras met 'n tegniese kragtoer waar sy kort op mekaar drie toonlere in verskillende sleutels kafdraf sonder om een keer te huiwer.
Lewe Deel, 'n Komposie deur Mattheus, se nostalgiese ritme in die intro het my dadelik agteroor laat sit. Die manier hoe ELSaBé die eerste refrein se hoër note vreesloos, met genoeg tegniek, maar steeds sonder verlies van die emosie hanteer, verdien beslis meer as net 'n pluimpie.
En die oomblik as ELSaBé en Robert saam die note vat in "From this Moment", dan weet jy sy is hier om te bly. ELSaBé is 'n vrou met musiektalent wat jou nog baie ure se musiekbelewenis sal besorg.
ELSaBé se opwindende album is nou beskikbaar. Klik hier om jou eksemplaar te bestel terwyl daar nog voorraad is!
.
|