|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
|
Melisa: die jongste sangsensasie.
|
|
| | |
|
Melisa is 'n talentvolle vrou wat nie oornag gaan verdwyn nie. Sy het die hele pakket: talent, selfvertoue, sprankel en 'n persoonlikheid wat jou sal laat duisel! Jy sal beslis nie aan die slaap raak as Melisa op die verhoog is nie. Haar energie gaan jou spoedig aansteek. As jy dus vir 'n nag of twee nie kan slaap nie, weet dan, Melisa het klaar tot in jou hart gekruip.
Die musiekbedryf het al baie groot geeste opgelewer. Maar soos in enige ander bedryf is daar 'n tyd om te groet. Dit is presies wat hulle nou maar kan gaan doen, want Melisa is oppad.
Doen vandag nog iets daadwerkliks aan jou kunsopvoeding en maak seker jy lees soveel as wat jy kan oor Melisa, want sy is hier om te bly. As jy haar eers gehoor het, sal jy niemand anders op jou verhoog wil nooi nie...
Eers hoor jy die stem, dan soek jy die diva. Dan sien jy die stem is Melisa. Geen diva in sig nie, want hulle het lankal spore gemaak toe hulle haar hoor.
Melisa mag die stem en verhoogpersoonlikheid van 'n diva hê, maar sy het beslis nie diva nukke nie. Sy sing vir jou, want sy wil. Sy sing vir jou, want sy weet jy wil vermaak word. Sy sing vir jou, want sy weet, jy is waardig om net die beste te hoor. En as daar iemand met swak smaak verbykom wat haar kritiseer, hanteer sy dit met soveel grasie dat selfs die kritikus ook 'n CD koop. Selfvertroue en deursettingsvermoë is die sleutel tot die spontane vrystelling van haar talent - alles net vir jou!
Haar album "Hou Koers", is 'n kragtoer waar sy jou asem gaan wegslaan met 'n verskeidenheid style en snitte. Geen uitdaging is Melisa te groot nie. Sy verwelkom terugvoer van haar gehore en ondersteuners en oorweeg graag voorstelle van wat hulle wil hoor. Die feit dat sy haar skoolloopbaan met tuisonderrig voltooi, maak dat sy maklik by jou besige program sal kan inval.
|
|
Op driejarige ouderdom, wanneer ander kinders se grootste treffers hulle vloermoere is, het Melisa reeds treffende interpretasies van treffers soos I love You en Die Apie sit en droom gelewer. Sy was net sewe jaar oud toe sy haar eerste sangkompetisie gewen het. In dieselfde jaar het sy ook 'n A++ vir sang in 'n Eisteddford verwerf. Toe sy tien was, het sy ook in die Pretoria Eisteddford 'n A+ behaal in die Afrikaanse afdeling. Melisa se solorolle in die skoolkoor het verder gesorg dat sy raakgesien word. Buiten haar uitmuntende vokale vermoëns, manipuleer sy 'n kitaar, 'n klawerbord en 'n konsertina ook sonder moeite. Melisa en verrassende musiek is sinoniem.
Melisa is 'n vurige Voortrekker. Met die 75ste verjaardag-viering van die Voortrekkers op 1 Oktober 2006 by die Voortrekkermonument was Melisa gekeur om die "Hou Koers", ook bekend as die Voortrekker liedjie voor 'n gehoor van 4500 mense te sing. Melisa het ook met 'n vars verwerking, daarin geslaag om "Hou Koers" te laat klink soos 'n splinternuwe treffer. Die aanvraag daarvoor was so groot dat sy dit die titelsnit van haar debuut album gemaak het.
Tydens haar optredes by verskeie feeste en funksies het sy bewys dat sy en haar musiek in defnitiewe aanvraag is. Waar sy op troues opgetree het, het die luisteraar 'n ander kant van haar ontdek wat hul moeilik sal vergeet. Melisa het soveel styl dat sy ook op formele dinees 'n groot treffer is.
Melisa se uitstaande talent het haar 'n platekontrak by 'n groot musiek-uitgewer besorg. Haar debuutalbum, "Hou Koers" is nou op die rak.
Nou is die verpligting op jou. Bespreek Melisa terwyl sy dalk nog 'n plekkie in haar dagboek mag hê, want binnekort gaan sy so gewild en bedrywig wees dat sy nie vir jou sal kan snesies aangee omdat jy te laat was nie...
Klik hier om navraag te doen oor die verskil wat Melisa in jou musiekbelewenis kan maak.
Om Melisa se amptelik webwerf te besoek, klik hier.
.
|