|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
|
Robert Gillmer, opwinndende nuus.
|
|
| | |
|
"Vir my is jy so cool" is die naam van sy splinternuwe solo debuut album en meeste van die liedjies wat op die cd verskyn speel al klaar op radiostasies landwyd. Van die liedjies wat al klaar radiotyd ontvang is soos volg: "Liewe hart", "Haai daar sexy ding", "Nadia", "Vir my is jy so cool" , "Racheltjie de Beer", "Pa se oogappel","Trou met my" ('n duet saam met ELSaBé Rademeyer) en "Vat 'n kans".
Robert Gillmer het grootgeword met musiek, met sy hele gesin wat musiektalent het.Van kleins af het Robert ‘n passie gehad vir sang. Hy het in die Laerskool Altona in die Junior en Senior koor gesing in 1989 – 1996 onder begeleiding van Mev.Faber. Mev. Faber het hom onder haar vlerk geneem en hom solo sanglesse aangebied. In 1995 was Robert genomineer vir die O.P kinderkoor. Daarna was hy deel van die Hoërskool Framesbykoor onder leiding van mev Zeta Coetzee (1997 – 2001).
Gedurende die 5 jaar het die Framesby-koor regoor die land getoer en aan talle kompetisies deel geneem, onder andere die ATKV Applous, en het weggestap met goue toekennings. Baie keer het die Framesby-koor met plaaslike kunstenaars opgetree en André Schwartz was een van die bekendes. TV-optredes was ook nie iets snaaks gewees vir dié koor nie, waar hul voor die kamera opgetree het vir Bibliathon 2000. Na skool het Robert stemafrigting ontvang van ‘n plaaslike stem en musiek afrigter, Nadia Prinsloo. Vanaf 2001 tot en met 2004 het Robert hom besig gehou met musiekkompetisies (nl. Pop Idols en Popstars waar hy deurgedring het tot die 3de rondte) en talentaande.
In 2005 het Robert vir die eerste keer by die KKNK deelgeneem waar hy opgetree het by verskeie verhoë, naamlik CDR, Smulhoff asook Hap en Tap. Robert het reeds verskeie nuwe liedjies opgeneem.
Klik hier om meer oor Robert uit te vind of hom te bespreek.
| |
.
|