|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
|
Abri le Roux se skilderkuns
|
|
| | |
|
"African Impressions". 'n Indrukwekkende uitstalling deur Abri le Roux en Wisdom Oton. Abrie en Wisdom is elk op hulle eie terrein meesters wat daarin slaag om karakter en emosie op die doek na vore te bring. Hierdie kunstenaars benut hulle geoefende mensekennis deeglik in hulle werke en elke werk spreek tot misntens een of meer van die besoekers. Tussen 4 November en 18 November het kreatiewe siele die geleentheid gehad om hulle verlustig in hierdie besondere werke. Rea le Roux en Werner Muller het verdere glans aan hierdie geleentheid verleen met hulle musiek. Elma Postma, een van Abri se oud drama-studente, het die amptelike opening waargeneem en daarmee seker gemaak dat haar mosie van vertroue in haar leermeester publiek gemaak word.

Tydens die opening van Abri le Roux en Wisdom Oton se uitstalling:
Wisdom Oton, Elma Postma, Abrie le Roux, Cecily Pohl en Stof
| |
.
|