Elize van Schalkwyk is gebore en woonagtig in Pietersburg vanaf geboorte.
Van Graad 2 tot en met Standerd 5 het Elize in die skoolkoor gesing. Sy het in baie skoolkonserte gesing en in Standard 5 die hoofrol in die skoolkonsert gekry, waarvoor sy die Daleen Gouws-wisseltrofee gekry het.
Op hoërskool het sy in die skoolkoor gesing vanaf Standerd 6 totdat sy skool verlaat het.
Vanaf 12-jarige ouderdom het sy in twee plaaslike orkeste gesing tot en met 18-jarige ouderdom. Die 2 onderskeie orkeste het baie promosies gedoen vir plaaslike instansies, by troues opgetree, by funksies opgetree onder andere toe Hansie Cronjé en die res van die span ons dorp besoek het, het ons daar opgetree. Op 17 jarige ouderdom het sy by die plaaslike musiekfees opgetree waar kunstenaars soos Arina de Witt, Freda Francis, die Bosveldklong en nog ‘n paar ander kunstenaars opgetree het. Vanaf die ouderdom van 12 tot en met die ouderdom van 18, het die orkes elke oujaarsaand op die plaaslike feesterrein opgetree en baie mense van die dorp het altyd tot dagbreek op Nuwejaar kom partytjie.
Elize het van 16-jarige ouderdom tot en met 18-jarige ouderdom Sondae in die kerkorkes gesing.
Op 18-jarige ouderdom het sy ‘n 3-maandelange kontrak met Sun International gekry om by die onderskeie 3 hotelle opgetree naamlik die Royal Swazi Sun Hotel, die Ezulwini Sun Hotel en die Legogo Sun Hotel. Nadat haar kontrak verval het, het sy teruggekeer na Suid-Afrika en weer in een van die plaaslike orkeste opgetree.
Op 21-jarige ouderdom het sy voltyds begin werk as ‘n Regsektretaresse en so oor die jare saam met vriende wat ook in die musiekbedryf doenig is, hier en daar gesing maar slegs op ‘n deeltydse basis.