Robbert spesialiseer daarin om laat te wees of nie op te daag nie. Dit is heeltemal in pas met 'n vrye demokrasie. Maar as hy wel opdaag, beloof dit skouspel te wees soos wat hy alles in sy vermoë sal doen om die verhoog te transformeer en te herverdeel. Gratis oorpluisies word aan die gehoor voorsien by al sy optredes. Teensuurmiddel is ook op aanvraag beskikbaar. Deur vir Robbert te bespreek, verseker jy dat al die ander kunstenaars talentvol lyk vergeleke met sy pogings. Dit mag baie voordelig wees vir die ander deelnemers se loopbane.
Repertoire
Die maroela burp
So ry mugabe boggom so
Die neuskrap samba
Shoot a boertjie-polka
Vlooikrap keurspel
Aanteel eskapades