Antonio is ‘n hoogs talentvolle musikant wat spesialiseer in die kitaar Hy doen interkontinentale musiek en balades, instrumentaal sowel as vokaal. Hy spesialiseer veral in Keltiese komposisies en klassieke interpretasies van immergroen trefferwerke. As komponis in eie reg het hy reeds verskeie eie komposisies daargestel. Hy is egter net so gemaklik met kontemporêre musiek. Hy het beide die sessnaar en twaafsnaar kitaar al op ‘n jong leeftyd bemeester. Antonio is ewe gemaklik met akoestiese kitaar sowel as elektriese kitaar. Hy eksperimenteer graag met alternatiewe instempatrone en daardeur tower hy klanke op wat selde op die kitaar of ander snaarinstrumente gehoor word. Antonio het reeds vroeër in sy lewe ‘n skaflike bestaan gemaak uit musiek, maar het die bedryf verlaat en hom verbind tot die soutmeule weens familiedruk. Nou is egter sy tyd om terug te keer en weer sy Godgegewe talente te gebruik om sy lewensbronne te voorsien, sowel as om deur sy uitsonderlike musikale virtuositeit, ‘n musikale verskil in ander se lewens te maak.
Ietsie meer oor van Antonio se vele talente:
'n Unieke belewenis van hoe 'n kitaar eintlik moet klink. Sessnaar, twaalfsnaar, akoesties, elektries, ritme, melodie, harmonie, begeleiding en stemmingsmusiek.
Alternatiewe kitaarinstemmings wat jou sal bekendstel aan klanke wat jy nie gedink het, moontlik is op kitaar nie.
Keltiese musiek
Lekkerluister weergawes van sekulêre musiek.
Vokale werk wat jou weer anders na lirieke sal laat luister.
Treffende nuwe komposisies.
Litroer saamwikkel-musiek.
Akoestoese lewendige optredes om jou funksie kleur te gee.
Sessiewerk vir ateljees.
Kitaaropleiding.
Spesiale musikale versoeke vir spesiale geleenthede.
En vele ander musikale verrassings!
| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
Doen sommer nou navraag by musiek@leopatra.co.za