Die manifestasie van 'n veelvuldige persoonlikheid se manipulasiemetodiek.
'n Gevallestudie vanuit 'n ware gesprek op Facebook op 2016/02/18.

Sonder ophaal van vele woorde, is hieronder twee plasings wat op Facebook geplaas is op 2016/02/18. Met dank aan Llewellyn Kruger vir hierdie perfekte voorbeeld van persoonlikheid-verwisseling in praktyk.

Die eerste plasing
Hier kom daar veral vier eienskappe voor wat toon dat die outeur reeds emosioneel en rasionele beheer verloor het.

Hierdie eienskappe is die volgende:

1

Blaamverskuiwig: Gewoonlik die eerste reaksie in gesprekvoering waar 'n speker beheer verloor het. Min luisteraars of lesers neem die outeur ernstig op as 'n inset op hierdie wyse begin word.

2

Gefeinsde selfverwyt oor eie oordeel met die hoop dat dit manipulasiewaarde mag hê: Deur 'n oomblik se twyfel in eie oordeel te feins, poog die outeur om simpatie te probeer wen, maar probeer terselfdetyd sy slagoffer manipuleer tot valse skuldgevoelens. Hierdie is 'n baie wrede tegniek wat in sommge gevalle so suksesvol was dat baie slagoffers nooit die oorsaak van 'n gevolglike latere langtermyn depressies kon bepaal nie.

3

Agressie: So asof die outeur besef dat die manipulasiepoging deur gefeinsde selfverwyt toe nie gewerk het nie, wend hy hom tot 'n volgende metode, naamlik die oerinstink van luiddrigtige aggressie. Dieselfde reaksie wat ook waargeneem word as 'n ongetemde dier in 'n hoek gedryf word. Op die oomblik wanneer hierdie modus operandi gevolg word, glo die outeur dat 'n groot geraas en hoofletters met uitroeptekens, geloofwaardigheid en vrees sou wek. Teen hierdie tyd, het 'n outeur egter lankal sy gehoor se aandag verloor.

4

Selfregverdiging: Meteens, tref dit die outeur dat die raserige tirade geen effek gehad het nie en die gehoor besig is om die arena te verlaat. Al metode om hulle terug te lok, sou wees om sagtheid en omgee te feins, sy slagoffer as 'n hulpelose afhanklike te probeer uitbeeld, en op meerdere wyse 'n vermaning probeer rig in 'n poging om verlore respek van die slagoffer en die lesers te probeer herwin.

5

En dan die stilte... Wetende dat hierdie kombinasie van intimidasietegnieke klaaglik verkeerd geloop het, stap die outeur weg, stert tussen die bene, sommer sonder 'n punt...


Die tweede plasing:
1

Babataal: Die pleonasmiese en persoonlike aanslag om die slagoffer se hart te probeer wen: Deur die slagoffer uit te beeld as heeltemal onbekwaam om haar eie promosie te doen, word 'n meerderwaardige hand aan die arme drommel uitgereik. Die indruk word geskep dat die slagoffer nie self instaat is om op eie stoom te bestaan nie, en afhanklik is van die "meerdere" outerur se superieure kontakte en wysheid...

2

Vleitaal: Om die slagoffer te vertel hoe goed haar werke is en hoe onbaatsugtig die outeur se aanbod sou wees. 'n Taktiek wat daaropp gemik is om ander lesers se simpatie te probeer skuif van die slagoffer na die outeur toe.

3

Oorhaastige veralgemening: Deur elke respondent wat op uiteenlopende wyse ondersteuning aan die slagoffer gee, voor die voet as veroordelend te beskryf. As die reaksie van elke respondent met aandag en respek aan die resondent gelees sou word, sou die outeur dalkies nie tog 'n uitnodigende sentiment raakgelees het...

3

Nadat die outeur gehoop het om die oorhaastige veralgemening as feit te stel, begin hierdie wanpersepsie in sy eie gemoed as realiteit leef en begin hy as selfaangestelde meerdere, 'n lesing gee aan die arme drommels... In hierdie lesing word die Evangelie misbruik as lat vir eie gewin. Net hier, verloor hy die aandag en respek van elke leser wat respek het vir Jesus Christus as sy verlosser, want geen persoon wat Hom liefhet, sal iemand wat Hom minag vir eie gewin, ernstig opneem nie.

4

Die terugkruip: En so, asof die outeur besef elkeen van hierdie intimidasietegnieke het weereens misluk omdat hy met 'n inteligente slagoffer sowel as lesersgroep te doen het, val hy terug op die aanbod om maar weer die slagoffer uit te nooi om van sy "goedheid" gebruik te maak.
Teen hierdie tyd egter, het die meeste lesers reeds belangstelling verloor en is die terugkruiptaktiek bloot maar net 'n belydenis van 'n nederlaag.




Mag hierdie voorbeeld in praktyk, vir die lesers wat op die oomblik besig is om hierdie onderwerp te bestudeer met die oog op die voltooïng van hulle studies, tot groot nut wees.

Stof