stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Wonderboompoort Poskantoor in Mayville gee die pas aan
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Vandag is dit my voorreg om 'n pluimpie in die hoed van al die personeel by Wonderboompoort Poskantoor te sit. Hierdie poskantoor gee werklik die pas aan as dit kom by dienslewering. Hierdie dienslewering maak dat ekself dikwels verby twee ander poskantore ry om hulle in die Mayville sentrum te gaan ondersteun.

Die gemiddelde poskantoor se personeel is gewoonlik instaat om 'n transaksie te hanteer as daar nie kinkels aan verbonde is, of ongewone oponthoude voorkom nie. Die oomblik as daar iets ongewoon gebeur, of 'n vraag gevra word wat nie in die vraag en antwoord-boekie is nie, struikel die personeel en kan nie die klant help nie.

Wonderboompoort Poskantoor se posmeester blyk egter 'n buitengewoon goeie leier te wees. Sy personeel is duidelik opgelei om op hulle voete te dink. Hulle luister ook met aandag na die klant se vraag of versoek, en loop nie die klant se woorde vooruit nie. Inteligente vrae word met 'n inteligente en gepasde antwoorde geantwoord. Die amptenare ken duidelik meer as net die Poskantoorstelsels waarmee hulle te doen kry, want as 'n probleem elders geleë sou wees, analiseer hulle die probleem en spoor die bron daarvan spoedig op.

Bogenoemde voorbeelde van diens bewys dat hierdie personeel instaat is tot analitiese denke en werklik daarna strewe om hulle klante tevrede te hou. Hulle diensleweringsvlakke en menseverhoudings getuig dat klante nie net blote nommers is vir hulle nie, maar 'n medemens wat hulle graag met passie wil dien.

Dit is dus vandag my voorreg om hierdie toegewyde span by die naam te noem en elkeen persoonlik te bedank vir die manier waarop hulle dit 'n plesier maak om met die Poskantoor besigheid te doen.
- Koketso Maketa
- Thabo Kekana
- Hope Letoaba
- Mapule Moiloa
- Daniël Motha
- Christinah Motshoane

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Dit is my wens dat Hoofkantoor hierdie staatmakers regtig raaksien en hulle op tasbare wyse bedank vir die feit dat hulle van die Poskantoor se beste ambasadeurs is. In 'n tyd waarin die media besonder negatief is oor die Poskantoor, bewys hierdie gedugte span dat prestasie steeds moontlik is as dienslewering met ware passie geskied.

Mag hierdie gestuurdes wat daagliks ons lewe inkleur met doeltreffende en gewaardeerde diens, ook tasbare seën en guns op hulle persoonlike en geestelike lewens ervaar.

© Stof 2016/02/26
.