|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
Voorwoord
'n Inleidieng tot 'n publikasie
|
|
| | |
|
Soli Deo gloria, Aan God al die eer vir die feit dat Hy my vertrou het met hierdie insigte en inspirasie. Mag almal wat hierdie stukke lees, dit tot Sy eer beleef.
Ek het deur die loop van 'n lang tydperk baie dinge ervaar wat blywende indrukke gelaat het. Sekere ondervindings het ek op papier gestel met die vertroue dat dit ook iets vir jou mag beteken. Ek nooi jou om saam op 'n toer deur my ervaringe te gaan en deel te word van die getuienisse en belewenisse. Jy sal groot dele van jouself hierin herken. Ook sal jy baie van jou eie ervarings hierin lees. Weet dan dat jy nie alleen is nie, dat ek as jou medemens ook dieselfde dinge beleef het.
Dit wat hier in Stofnibus saamgevat is, is nie bedoel om net gou-gou deur te te lees terwyl jy vir die ketel wag om te kook nie. Omdat dit uit die hart kom en vanuit werklike situasies ontstaan het, stel ek voor dat jy rustig agteroor sal sit, in 'n rustige stemming kom, en dan die vreugde van gedeelde gedagtes met jou hele wese sal inneem.
Ek vertrou dat hierdie samestelling jou 'n bietjie sal wegvoer van die gejaagde lewe en weer nader aan eerstens jou Skepper maar ook aan jouself sal bring.
Jy mag dalk by die lees van die stukke baie van jouself herken, en dalk kwaad word omdat jou siel ook hier blootgelê word. Dalk is dit geraamtes wat jy gedink het niemand van weet nie. Dan sal dit vir jou tot groot troos wees dat daar baie mense is wat hierdie dinge met jou gemeen het. Nog groter genade is dat daar vergifnis is ook vir dié geraamtes. Onthou net dat weggesteekte geraamtes waarvoor jy nie vergifnis voor die Here gevra het nie, 'n gewoonte het om jou altyd te agtervolg en op die mees ongeleë tye te begin spook.
|
|
Mense wat deur en deur verdien om hier vermeld te word, is Susan van Zweel en Ansie Ras. Danksy vier jaar se toegewyde onderrig en 'n passie vir taal, het hulle vir my, al was dit soveel jare gelede, die vertroue gegee om gemaklik met taal om te gaan. Dankie aan twee toegewyde mense wat hul roeping as meer as net 'n beroep gesien het. Ook aan Joey de Koker, wat onwetend deur haar ondersteuning in 1984 reeds 'n reuse bydrae gelewer het, dankie. Julle sal nooit besef hoeveel aandeel die bouers van 'n stewige fondament aan die stewige struktuur van die finale gebou het nie.
Mag hierdie gedeelde gedagtes vir jou tot groot seën wees. Dankie dat jy aan my ook die geleentheid gun om dit met jou te deel.
Stof
Die Here sal jou seën en jou behoed. Die Here sal Sy aangesig oor jou
laat skyn en jou genadig wees; die Here sal Sy aangesig oor
jou verhef en aan jou vrede gee.
(Num. 6:24-26)
.
|