stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Vriend in nood
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Toe ek geen lig kon sien,
het ek my Vader gesmeek,
en Hy het verstaan.

Toe niemand my wou ken,
het ek my Vader gesmeek,
en Hy het geluister.

Toe ek nie weer wis waarheen,
het ek my Vader gesmeek,
en Hy het omgegee.

Toe ek eensaam was,
het ek my Vader gesmeek,
en hy stuur 'n vriend.

Self deur ander verwerp,
self deur ander geskel,
maar daar om sy broer te troos.

Dankie Vader dat U vriende maak,
wat deur die diepste nood in hul lewe,
steeds omgee sonder selfsug.

Dankie dat U hulle wat self pyn het,
gebruik om ander se pyn te breek,
en te herstel waar daar krake was.

© Stof

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.