Ek is slegs 'n mens
en dit brand in my,
om aan U te sê, presies hoe ek voel.
Ek is 'n mens
en is beperk tot woorde
om my gevoelens uit te druk.
Dit wat ek vir u wil sê,
kan nie deur woorde gesê nie.
Die lof wat ek aan u wil bring,
word beperk deur menslike denke en taal.
Gebrekkig probeer ek bely,
dit waarmee ek u daagliks seermaak.
dan die skok: menslike klanke kan selfs dit,
nie volkome oordra nie.
Menslike woorde so beperk
probeer u lof besing,
probeer my sondes bely,
probeer in harmonie met U wees.
Waar is 'n Goddelike taal,
die taal wat u glorie volkome kan besing?
Ek wil in harmonie met u kommunikeer,
en u die lof bring wat u toekom.
Vergewe my woorde, my pogings,
om in u heiligdom te probeer praat.
Wees my genadig as my woorde u lof nie na waarde sing,
en leer my om met u te kan kommunikeer.