Wat ek dink,
wat ek wil sê,
wat ek wil oordra,
is so vaag.
Wat ek oor u dink,
wat ek aan u wil sê,
wat ek aan u wil oordra,
Is so gebrekkig.
Ek bou self die plafon
tussen my en u,
en verwerdig my dan
om vir u die skuld te gee.
My hart smag na u,
en ek brand on my uit te stort,
na u liefdevolle vaderhart,
maar my woorde ontbreek.
U weet beter as ekself,
wat ek vir u wil sê,
tog wil ek dit ook self,
vir u sê, aan u oordra.
U ken my krisisse, my pyn!
U ken die antwoord, die vreugde.
U weet wat ek nodig het,
nog voor ek vra.
Help my dan nou, o Vader,
om aan u te kan sê,
dat ek nie 'n oomblik verder kan gaan,
as u nie my hand neem nie.