Dankie vir die reën wat buite val,
die klank van u genade.
Dankie dat u dit gee,
sonder om die waarde daarvan van my te verhaal.
Dankie dat u genade so mildelik kan wees,
al is ons teenprestasies so gering.
Dankie dat die mistigheid buite
'n ander dimensie in my voed:
rus bring waar daar gejaag was,
en my weer na u laat verlang.
Dankie dat daar weer 'n sonstraaljie sal deurkom,
en so my duister gemoed,
weer sal voed.