Dankbaar elke dag vir die bak korrels,
staan jy en waai jou stert vir my.
Terwyl jy wag vir jou daaglikse bord kos,
gee jy onvoorwaardelike liefde sonder vrae.
Jou swart ogies blink teen jou swart gesiggie
en verraai ‘n opgewondenheid,
wat net jy, my hond, so onvoorwaardelik gee.
Swart teef met plat gevreetjie,
jy beur my op as die ander swart hond my byt.
As sy wrede tande in my kuite in skeur,
en my beroof van alle lus om voort te gaan.
My beroof van my lewensenergie,
my opvreet tot daar niks van my oor is,
en my dryf tot daar waar saakmaak nie meer bestaan nie.