stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Nag
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Dit is donker buite.
Stikdonker verteer die maan.
Ek soek tevergeefs na ‘n greintjie lig.
Die straatligte lyk soos vuurvliegies,
verdryf nie werklik die donker nie.

Die nag is donker, stikdonker.
In my wese is dit donker.
Ek is ‘n sondige wese met soveel geraamtes,
wat nie weggewens kan word nie.
Min weet daarvan, maar ek weet.
Weet van die stegies, die dwaalgedagtes.

Daar moet tog ‘n wyse wees hoe ek kan vergewe?
Ook myself vergewe.
God het my lankal vergewe, skoongemaak.

Tog is dit so moeilik om myself te reinig
van die geraamtes wat aan my kleef.
Nou ly ek nog onder die gevolge,
sien ek die grafte daagliks op papier.
Vrees ek die dag dat hulle wat daaronder ly,
met wraak op my sal toeslaan,
my dierbares my sal weggooi soos suurpap.

© Stof

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.