Dit is donker buite.
Stikdonker verteer die maan.
Ek soek tevergeefs na ‘n greintjie lig.
Die straatligte lyk soos vuurvliegies,
verdryf nie werklik die donker nie.
Die nag is donker, stikdonker.
In my wese is dit donker.
Ek is ‘n sondige wese met soveel geraamtes,
wat nie weggewens kan word nie.
Min weet daarvan, maar ek weet.
Weet van die stegies, die dwaalgedagtes.
Daar moet tog ‘n wyse wees hoe ek kan vergewe?
Ook myself vergewe.
God het my lankal vergewe, skoongemaak.
Tog is dit so moeilik om myself te reinig
van die geraamtes wat aan my kleef.
Nou ly ek nog onder die gevolge,
sien ek die grafte daagliks op papier.
Vrees ek die dag dat hulle wat daaronder ly,
met wraak op my sal toeslaan,
my dierbares my sal weggooi soos suurpap.