Daar was soveel donker rondom my.
Alles was pikswart van hopeloosheid.
Mense en menslike instellinge het my psige gesteel.
Ek was ‘n entiteit sonder eksistensie.
Bang in die oggend.
bang in die aand.
bang in die dag.
bang in die nag.
Ek het van U genade vergeet,
van U spoor afgewyk.
Ek het die duister alleen probeer aanpak,
en so myself verloor.
Mense wou my vang.
My ophang aan ‘n biltonghaak.
My psige verpand vir ‘n paar sent,
my vreuge verkoop vir 'n bondel snert.