Elke dag se donker en pyn,
het hierdie jaar opgeknaag.
Lig was dikwels min,
en hoop het beskaam.
Seer was soms soveel seerder,
en pyn soveel meer intens.
Begrip van ander was min,
en oordeel wel baie.
Daagliks het ek genade ontvang,
om ook die chaos van menswees,
in perspektief te kry,
en so weer lig te sien
Dankie Heer vir hierdie jaar.
Dankie vir U slypwerk aan my.
Dankie dat U my wou skaaf,
om my U Beeld meer gelyk te wees
Dankie dat U my vergewe,
vir elke stappie wat ek gly.
Dankie dat U ons bewaar het,
van satan en sy bose mag.
Aan U alleen wil ek ere bring,
tot U alleen my lofsang sing.
Van U alleen wil ek getuig,
en aan U grootheid hulde bring!
1999/12/08