stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

‘n Gestuurde
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

1. Jy het my nie geken nie,
maar jy het my masker gesien.
Jy wis nie wie ek is nie,
maar het my geraamtes raakgesien.

2. Ek onthou die aand
toe jy deur lied en klank,
’n sprankel hoop kon bring,
waar niemand voor jou kon.

3. Ek onthou hoe jy my weer
kon inspireer tot woorde,
hoe jy vir my kon wys,
dat geraamtes ook vergewe kan word.

4. Jou boodskap was so helder,
jou stem so hemels suiwer.
Jou draaiboek was die sleutel,
tot nuwe hoop en vrede.

5. Sou daar dalk in jou hart,
’n dolk van pyn en vrees wees?
As jy dalk, ook alleen aan pyn dra?
weet dan dat ek daar sal wees.

6. Roep my nader as jy treur,
vra na my skouer as jy wil huil.
Laat my die voorreg ervaar,
om ook jou seer vrag te help dra.

Samro

© Stof

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.