Met voedsel wat kom uit jou hand,
maar ‘n wraak en selfsug uit jou hart,
steel jy ‘n ander se talent,
sonder omgee vir die arme vent.
Deur jou bose magsug aangedryf,
kaap jy ander deur hom af te skryf,
en raap die roem dan vir jouself ,
dat dit jy is wat hierdie dinge kon delf
Deur jou selfsug en jou nyd,
saai jy verwoesting, ver en wyd.
Hulle wat jou naaste moes wees,
se talente skaak jy vir ‘n egofees.
Maak oop jou bitsige oë,
gaan krap in jou lewe se donker voë.
Laat staan jou selfsug,
en gun ‘n ander mens ook lug
2003/02/16 21:13