Met jou bloedrooi mond,
tuit jy jou lippe.
Met jou boesem rond,
lei jy hom in die klippe.
Sonder selfrespek,
verlei jy onskuldige bloed.
Wil jy hom betrek,
en so beroof van alle goed.
Hou jou blinkgevryfde lyf,
vir hom wat jou eendag sal eer.
Moenie verder aanhou kyf,
want so saai jy net nog ‘n seer
2003/02/16 21:38