Deur ‘n woord te spreek,
sonder om daaroor te dink,
word ‘n ander mens gebreek,
en dalk nog ‘n siel gesink.
Met ‘n groot groot mond
wat praat voor ek besin,
ploeg ek ander in die grond
nog voor planttyd kan begin.
Maak my mond U buis,
waardeur U boodskap vloei.
Maak dit nie ‘n woordvuis,
wat wantroue uit laat broei.
Dankie vir heling,
van ‘n vinnige mond.
Dat U die los speling,
omskep tot stewige grond.
2003/02/09 22:53