Ons vingerduime,
mis met enkele maatduime.
In jou oë sien ek vrees,
vir nou-nou en vir môre.
Ek sou jou hand wou neem,
jou help dra aan vrese,
en jou vrag verdeel.
Maar ek is 'n vreemdeling,
en mensenorme sê,
jy praat nie met 'n vreemdeling.
Nogtans sal ek steeds vir jou bid,
al ken ek nie jou naam.
En as dit Sy wil is weet ek,
jy sal ook vir my bid.