Met een kommetje gaat,
om die nag se kou te tem,
hoor ek die yskas se kompressor
wat deur die naglug sny.
Met 'n pen en papier,
sonder 'n hand wat myne hou,
vloei die ink hartstogtelik
eerlik en rou oor wit en blou.
Ek wil so graag vanaand
op hierdie eensaam nag,
wou tweesaam wees,
met jou wat my mag heel.
Maar steeds is jy ver,
en onbereikbaar onhaalbaar.
Daarom deel ek maar my donker denke met papier.
Dalk sal jy tog weer eendag, hier by my wees.