Teen byna middernag
is almal reeds stil.
Dan voel ek veilig
om aan U my bloot te lê.
Ek wil smeek om U begrip,
om wysheid en vergifnis.
Ek wil smeek vir genesing,
van dwaalgedagtes en kort geheue.
Voor U wil ek klein word,
en U seëninge afsmeek.
Ek wil U dank vir gawes,
vir inspirasie en vir muse.
Wil U smeek vir die wysheid,
om dit tot U eer aan te wend.
Vir die middele, om dit te laat lewe.
Vir die nederigheid,
om nooit self daarop te roem.
Vir die erkentlikheid,
om te weet dit kom van U.
Vir U seën daarop,
dat dit U koninkryk sal laat groei.
Dankie dat U my gekies het,
om as gekraakte kruik,
U waterfles te mag wees.
2003/07/18 23:53